Agtjarige skiet baba, kleuter in motel  

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Hansie Linde)

ʼn Agtjarige seuntjie het ʼn eenjarige dogtertjie per ongeluk doodgeskiet en ʼn tweejarige gewond nadat hy sy pa se vuurwapen in die hande gekry het.

Luidens ʼn berig op NBC News het die voorval die afgelope naweek by ʼn motel in Florida in die VSA plaasgevind.

Chip Simmons, sheriff van Escambia County, sê die agtjarige se pa het ’n vuurwapen in ʼn pistoolsak in die kas gelaat. Die pa was glo nie by toe sy kind dié vuurwapen opgespoor het nie. Dit is afgevuur toe die seuntjie daarmee gespeel het.

Dit is nie duidelik waar die pa ten tyde van die voorval was nie. Simmons sê die pa se vriendin was glo wel by die motel, maar het geslaap. Sy is die ma van die twee jong kinders wat geskiet is.

Volgens die polisie het een van die koeëls die eenjarige dogtertjie getref terwyl nog ʼn koeël ʼn tweejarige meisie gewond het. Dié kleuter sal na verwagting van haar beserings herstel.

Die pa van die agtjarige is intussen in hegtenis geneem op grond daarvan dat hy ʼn veroordeelde misdadiger is wat in besit van ʼn vuurwapen is. Hy word ook daarvan beskuldig dat hy met bewyse gepeuter en versuim het om ʼn vuurwapen veilig te bewaar. Die man word ook deur ʼn klag van strafbare nalatigheid in die gesig gestaar.

NBC News berig daar was verlede jaar 392 onopsetlike skietvoorvalle deur kinders jonger as 18 jaar. Die aktivistiese groep Everytown for Gun Safety, wat verslae oor vuurwapenveiligheid byhou, sê in dié voorvalle is 163 mense dood.

Dit is nie duidelik wanneer die man in die hof sal verskyn nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Truth2bfree ·

Jip en jy gaan koop sommer ‘n geweer by Walmart. Dié dat “mass shootings” in skole en publieke plekke deur tieners gedoen word op ‘n weeklikse basis.

Cherokee ·

Ja, hulle kan in kalm Suid Afrika kom leer van veiligheid.

Hennie Biebouw ·

Twee skote? Dis waarskynlik dus nie noodwendig “per ongeluk” nie…. ‘n Redelike mens soou voel dat ‘n kind wat uit onkunde met ‘n vuurwapen speel, sal skrik as daar ‘n skoot afgaan?

Robert ·

Ek het ook so geredeneer. Hoekom sou die kind ń 2de skoot aftrek? Klink nie reg nie!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.