Akteur Omar Sharif sterf

Omar Sharif Foto: Georges Biard via Wikimedia Commons

Omar Sharif Foto: Georges Biard via Wikimedia Commons

Die bekende akteur, Omar Sharif, is Vrydag in Kaïro in die ouderdom van 83 oorlede.

Sharif, bekend vir sy rolle in flieks soos Doctor Zhivago, Lawrence of Arabia en Funny Girl, het ʼn hartaanval gehad, het sy agent in Londen gesê.

ʼn Nabye vriend, die argeoloog Zahi Hawwas, het gesê Sharif is in ʼn hospitaal in die suide van Kaïro oorlede. Hy is ongeveer ʼn maand gelede in dié hospitaal opgeneem. Hy het ook aan Alzheimer gely.

“Hy het glad nie meer geëet nie,” het Hawwas aan die Egiptiese staatskoerant al-Ahram gesê. “Hy het ook aan chroniese moegheid gely.”

Hawwas het gesê Sharif word Sondag begrawe.

Sharif het drie Golden Globe-toekennings ontvang en is een keer genomineer vir ‘n Oscar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.