‘Bethlehem-ster’ dán gesien

Argieffoto bloot ter illustrasie (Foto: Unsplash)

Die twee grootste planete in die sonnestelsel sal kort voor Kersfees met die blote oog die naaste nog in sowat 800 jaar aan mekaar te sien wees.

Saturnus en Jupiter sal op 21 Desember sowat ’n uur ná sonsonder in die suidweste ’n tiende van ’n graad uit mekaar vir sterrekykers voorkom. Dié twee planete was in 1623 laas so naby aan mekaar hoewel dié gebeurtenis destyds weens astronomiese toestande waarskynlik nie deur aardbewoners gesien kon word nie.

Die verskynsel staan bekend as “die groot konjunksie” terwyl sommige sterrekundiges daarna as die “Kersster” verwys vanweë die oortuiging dat die Bybelse verhaal van die Betlehem-ster moontlik ʼn konjunksie van twee planete kon wees. Venus en Jupiter was egter ongeveer 2 000 jaar gelede die naaste aan mekaar, nié Saturnus en Jupiter nie.

Volgens EarthSky was só ’n noue konjunksie met die blote oog laas in 1226 gesien.

Nasa se Night Sky Network berig sterrekykers sal van 15 tot 18 Desember Saturnus en Jupiter nader aanmekaar kan sien beweeg sou hulle 45 minute ná sonsondergang in die weste kyk.

“Hou in gedagte dat hoewel die twee gasreuse naby kan voorkom, hulle in werklikheid honderde miljoene kilometers uitmekaar is,” wys Nasa daarop.

Bykomende bronne: NBC News, New York Post

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Cherokee ·

‘Volgens EarthSky was só ’n noue konjunksie met die blote oog laas in 1226 gesien.’
Dit is so lank terug, meeste mense het al daarvan vergeet.

Tienie ·

Cherokee jou grapgat.

Jammer om julle bubble te bars MAAR ons KONING is nie op 25 Desember gebore nie.

So hierdie “sterre” het niks tedoen met die “wyse manne se sterre” nie.

Maar ek hou van sterre kyk. Ek sal kyk as dit nie bewolk is nie…..

Eend Bessinger ·

Almal glo in wonderwerke. Ek ook. Tog moet dit genoem word: sterrekundiges het ‘n hele paar jaar gelede die sterre se liggings met ‘n rekenaar in tyd teruggedraai en die enigste logiese helder ster tussen 7 VC en 2 AD (om vir menslike foute met tydsberekening voorsiening te maak) is die Venus- Jupiter-konjunksie. Hulle was so naby aan mekaar dat hulle as een massiewe ster vertoon het en, omdat dit twee planete is, verklaar dit ook die beweging van die “ster” soos die sterrekykers vanaf China na Bethlehem getrek het. Die ander moontlikheid is Halley se komeet in 6 VC, maar die Chinese sterrekykers ken die verskil tussen ‘n ster en ‘n komeet.

Jr ·

Julle kan vir my lag maar ek wag nie meer vir tekens want hulle is so duidelik. Siektes pestilensies, aard bewens. Ens Ens. Ek wag net vir die trompet. Moenie lelike goed terugskryf hierdie is MY opinie en glo

Adri ·

Bethlehem is in die Vrystaat. Die dorpie waar die Kersverhaal afspeel, is Betlehem.

Phillip ·

Dankie vir die berug mm wardeer wys net hoe groot en wonderlik is ons heelal

4ntj13 ·

45 minute na sonsondergang vir NASA is baie vroeër as enige 45 minute na sonsondergang in Suid-Afrika!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.