Depeche Mode se Andy Fletcher sterf

Depeche Mode se Andy Fletcher is in die ouderdom van 60 dood. (Foto: GIUSEPPE CACACE / AFP)

Andrew Fletcher, klawerbordspeler van die Britse elektroniese groep Depeche Mode, is in die ouderdom van 60 dood.

Die groep het Donderdag hierdie nuus in ʼn roerende plasing op Twitter gedeel.

“Ons is geskok en gevul met oorweldigende hartseer met die ontydige heengaan van ons dierbare vriend, familielid en musiekmaat Andy ‘Fletch’ Fletcher.

“Fletch het ʼn ware hart van goud gehad en was altyd daar wanneer jy ondersteuning, ʼn opgewekte gesprek, of ʼn koue bier nodig gehad het.”

Fletcher, wat in 1961 in Nottingham gebore is, was een van die stigterslede van Depeche Mode.

Die groep het meer as 100 miljoen albums verkoop sedert hulle in 1980 begin het, en het wêreldwyd gehore gelok met treffers soos “Personal Jesus” en “Just Can’t Get Enough”. Die groep se laaste ateljee-album, Spirit, het in 2017 verskyn.

Fletcher is in 2020 saam met die ander lede van Depeche Mode in die Rock and Roll Hall of Fame opgeneem.

Medekunstenaars het Donderdag na dié musikant se dood aanlyn hul medelye betuig.

Lol Tolhurst, tromspeler vir The Cure, het gesê dit is “baie hartseer nuus”.

“Ek het Andy geken en hom as ʼn vriend beskou. Ons het as jonger mans baie van dieselfde paaie gekruis. My hart gaan uit na sy familie,” het hy op Twitter geskryf.

Fletcher laat sy vrou en twee kinders agter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

JohanR ·

Dankie vir die musiek Andy Fletcher. Dit was lekker, en is nog steeds lekker. Rus In Vrede.

Nuustak ·

“Faraway” is ‘n gepaste naam. Nêrens in die berig noem hulle eers waarvan die man gesterf het nie.

Frank John ·

Time to come and a time to go. When we go we see Jesus

Wielspore ·

Die legendariese musiek kunstenaars van die jare 80’s is besig om uit te sterf, Depeche Mode was een van daardie legendes. Sterkte aan sy familie en vriende.
“Just Can’t Get Enough”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.