Die week in foto’s

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef sommige van die week se nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

(Photo by Brendan Smialowski/AFP)

VSA: ʼn Gevangene val op die grond tydens die jaarlikse Angola-rodeo by die Louisiana-staatsgevangenis. Die 57ste bestaansjaar van die rodeo word vanjaar gevier. Tydens die rodeo kry gevangenes die kans om aan byeenkomste mee te ding en handgemaakte produkte te verkoop wat hulle by die tronk maak.

(Foto: Robyn Beck/AFP)

VSA: Oranje, geel en pers veldblomme pronk op die heuwels van die Tremblor-bergreeks op die nasionale Carrizo-vlakte in Kalifornië. Ná jarelange droogte het swaar winterreën uitgesak en die pragtige veldblomme kleur die berge prentjiemooi in. (Foto: Robyn Beck/AFP)

(Photo Justin Tallis/AFP)

Londen: ʼn Lewensgrootte Lego-figuur van koning Charles is sedert Donderdag in die Hamleys-speelgoedwinkel in Londen te sien. Die Lego-koning is gebou van 73 412 blokkies en is gemaak om die koning se kroning – wat op 6 Mei plaasvind – te gedenk. (Foto: Justin Tallis/AFP)

(Foto: Jean-Philippe Ksiazek/AFP)

Marokko: Deelnemers naby Tafraoute swoeg voort tydens die 37ste Marathon des Sables in die Sahara-woestyn in Marokko. Die wedloop van 250 kilometer strek deur ʼn onherbergsame landskap in een van die wêreld se droogste plekke.

(Foto: AFP)

Soedan: ʼn Foto wys ʼn verlate straat in Khartoem nadat die Soedanse weermag Donderdag paramilitêre vegters in die stad uit die lug bestook het. (Foto: AFP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.