Te danke aan Maroela Media se lesers is die finansiële doelwit in slegs twee dae bereik en boonop is ʼn bykomende R20 000 vir Barnard ingesamel.
Lees meerAlles vir Sondag 30 April 2023
Wysheid van die grysheid (of tyd om af te tree)?
Húlle is die wêreld se oudste leiers, maar is dit dalk tyd om die mag aan ʼn opvolger oor te gee?
Silwer op goud vir skitterende Binder
Wanneer laas, indien ooit, was ʼn Suid-Afrikaner in een naweek twee keer (eerste en tweede) op die podium?
Foto’s: Nóg SA’ners veilig terug uit Soedan
Die Suid-Afrikaners was in Soedan gestrand nadat dodelike gevegte tussen strydende magte van die regering en die paramilitêre Rapid Support Forces (RSF) sowat twee weke gelede uitgebreek het.
Zverev op drafstap na volgende ronde
Alexander Zverev sal nou teen Carlos Alcaraz of Grigor Dimitrov te staan kom.
Die week in foto’s
Kyk hier na sommige van die week se nuusgebeure, foto vir foto.
Sopnat (en met stoelsambrele), maar Steve-ondersteuners sit bankvas
As Steve Hofmeyr eers begin sing, sit sy ondersteuners bankvas: reënbui ten spyt.
Jongste oor beurtkrag: Só staan sake nou
Wisselende fases van beurtkrag sal dié week weer voortduur.
Herrie oor skoolvoedingskema: Kontrakteur kry glo nog g’n sent
Die maatskappy sê hy “wil die rekord regstel oor ongegronde gerugte en misleidende bewerings oor die ineenstorting van die program”.
Dubbeldoor-Perez-plesier!
Sergio Perez, Red Bull se Mexikaanse renjaer, het die blitsren én die hoofren in Azerbeidjan gewen.
Ma (50) se trekkerrit om dogter se toutrekdroom te bewaarheid
“Natuurlik dink my man en kinders dat ek effens gek is om so iets aan te pak, maar ek wil dit graag vir my dogter doen.”
Man wat pap band ruil, sterf toe voertuig hom tref
Minstens drie motoriste is die afgelope naweek dood en verskeie ander beseer nadat hulle teëspoed langs die pad gekry het.
‘Harde werk begin nóú’ – Kolisi
Kolisi het Vrydag die knieoperasie ondergaan, net vier maande voor die Wêreldbeker-rugbytoernooi.
Laaste Britse vlugte uit Soedan; situasie nou net té onveilig
Die Britse regering het ontken dat hy enigiemand in Soedan net agtergelaat het, nadat opposisiepartye hom daarvan beskuldig het dat hy dieselfde foute gemaak het as tydens die land se chaotiese onttrekking uit Afghanistan.
Luister: ‘By ons hoef vroue nie superhelde te wees,’ sê Dameskring
“Ons is ook dinamies en is geestelik en fisiek sterk omdat ons as vroue deur die geskiedenis baie keer dinge moes laat gebeur, selfs met min of uiters beperkte hulpbronne tot ons beskikking.”
Tweejarige sterf toe huis brand
Nadat sewe mense reeds na veiligheid geneem is en vlamme die huis verswelg het, het hulle besef dat daar steeds na een van die kinders gesoek word.
Polisie met klippe bestook toe hulle kroeg wil sluit
Die kuierplek bly langer oop as wat sy bedryfslisensie toelaat, maar kroeggaste het woedend gereageer toe die polisie daar toegeslaan het.
Klaasen en kie bó, ondanks Marsh-heldedade
Heinrich Klaasen het vier sesse teen die Delhi Capitals geslaan en hy het nou al 153 lopies in sy ses wedstryde teen ʼn treftempo van 182,14 gemoker.
Beurtkrag kos Wes-Kaap al R60 miljard
Die syfers is ʼn ontnugterende aanduiding van die verwoesting wat die Eskom-geborgde beurtkrag die ekonomie kos.
RPO kap terug oor vleisbewering
“In die onlangse verlede is agt verwante navorsingsprojekte oor die koolstof- en watervoetspoor afgehandel, met twee bykomende projekte wat steeds aan die gang is.”