Tweejarige sterf toe huis brand

(Argieffoto: Cullan Smith/Unsplash)

ʼn Tweejarige seuntjie is dood toe sy gesin se sinkhut Sondag in die vroeë oggendure in die Kingstown- informele nedersetting in Despatch aan die brand geraak het.

Die eienaar van die hut het kort ná middernag wakker geword weens die reuk van rook, sê kol. Priscilla Naidu, Oos-Kaapse polisiewoordvoerder.

“Hy het uit die hut gehardloop om hulp te ontbied en ander inwoners het hom gehelp om sy gesin te red.”

Nadat sewe mense reeds na veiligheid geneem is en vlamme die huis verswelg het, het hulle besef dat daar steeds na een van die kinders gesoek word, sê Naidu.

“Klein Adriaan Leeuskieter het in die brand gesterf.”

In hierdie stadium is die vermoede dat ʼn brandende kers die huisbrand veroorsaak het.

Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.