Foto’s: Nóg SA’ners veilig terug uit Soedan

‘n Veilige tuiskoms. (Foto: Dirco)

Trane van vreugde het Sondag geloop toe nóg ʼn groep Suid-Afrikaners veilig uit Soedan op tuisbodem aangekom het. Hulle het vanoggend by die OR Tambo-lughawe neergestryk waar dr. Naledi Pandor, minister van internasionale betrekkinge en samewerking (Dirco), dr. Aaron Motsoaledi, minister van binnelandse sake, en Thandi Modise, minister van verdediging, hulle terugverwelkom het.

Die Suid-Afrikaners was in Soedan gestrand nadat dodelike gevegte tussen strydende magte van die regering en die paramilitêre Rapid Support Forces (RSF) sowat twee weke gelede uitgebreek het.

“Hallo, Suid-Afrika!”(Foto: Dirco)

Duisende mense, ook talle Suid-Afrikaners, het die afgelope dae uit Soedan gevlug waar gevegte in verskeie dele van die land steeds voortduur.

“Die Suid-Afrikaanse regering het nou saam met buurlande, asook die noodlenigingsgroep Gift of the Givers saamgewerk om die veilige terugkeer van ons mense te verseker,” sê Dirco.

“Welkom tuis.”

Min. Naledi Pandor, Suid-Afrika se top diplomaat, verwelkom ‘n groep Suid-Afrikaners uit Soedan terug in die land. (Foto: Dirco)

(Foto: Dirco)

Thandi Modise, minister van verdediging, gee ‘n Suid-Afrikaner uit Soedan ‘n drukkie op die lughawe. By hulle is dr. Aaron Motsoaledi, minister van binnelandse sake. (Foto: Dirco)

(Foto: Dirco)

(Foto: Dirco)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Danie ·

Wat verwag n mens meer van n kommunistiese regering.SA het baie geld gemors om die weermag en polisie daarheen te stuur.Al daardie lede is toe ook skielik bevorder selfs generaals wat nie kan onderskei tussen reg of verkeerd.So wat het hulle eintlik vermag in Sudan.????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.