Jongste oor beurtkrag: Só staan sake nou

(Argieffoto)

Wisselende fases van beurtkrag sal dié week weer voortduur.

Eskom het Sondagmiddag gesê onklaarrakings beteken 17 702 MW opwekkingskapasiteit is tans nie beskikbaar nie, terwyl nog 3 702 MW weens beplande instandhoudingswerk onbeskikbaar is.

Opwekkingseenhede by Matla en Medupi is egter oor die afgelope 24 uur weer in diens gestel, sê Menzi Mngomezulu, woordvoerder van Eskom.

Terselfdertyd is opwekkingseenhede by die Grootvlei- en Lethabo-kragsentrale van lyn gehaal vir herstel. “Vertragings om ʼn eenheid elk by onderskeidelik die Arnot-, Duvha-, Kriel en Lethabo-kragsentrale weer in diens te stel, dra by tot die huidige kapasiteitsbeperkings.

“Die span werk onverpoosd om te verseker opwekkingseenhede word so gou moontlik aanlyn gebring,” sê Mngomezulu.

Die kragvoorsiener het diegene bedank wat gehoor gee aan die oproep om krag spaarsaam te gebruik en te help om druk op die netwerk te verlig en hoër fases van beurtkrag te vermy.

Só lyk beurtkragskedule nou:

DatumDagBeginEindigFase
30 AprilSondag16:0024:003
1 MeiMaandag00:0005:003
05:0016:001
16:0024:003
2 MeiDinsdag00:0005:003
05:0016:002
16:0024:004
3 MeiWoensdag00:0005:004
05:0016:002
16:0024:004

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.