Zverev op drafstap na volgende ronde

Alexander Zverev in aksie in Madrid. (Foto: Christof Stache/AFP)

Alexander Zverev het net 55 minute benodig om met Hugo Grenier in Madrid af te reken. Die eindtelling was 6-1 en 6-0 in die lenige Duitser se guns.

Hy het uiteindelik 26 wenhoue gemoker, ʼn hele paar keer staande in Grenier se afslaanpot gebly en sy 12de sege van die jaar behaal.

“Ek het baie goed op die baan gevoel, dalk was Hugo so ʼn bietjie op sy senuwees – dit is immers die derde ronde van ʼn groot ATP-toernooi,” het Zverev gesê.

Hy sal nou volgende teen Carlos Alcaraz of Grigor Dimitrov te staan kom.

“Al twee is uitstekende spelers en dit beloof om ʼn taai uitdaging te wees – maak nie saak teen wie ek speel nie. Tog sal ʼn wedstryd teen Carlos ongetwyfeld die hoofopskrifte haal; ons was al vantevore in ʼn titaniese stryd op ʼn kleibaan gewikkel.”

Uitslae:

Alexander Zverev klop Hugo Grenier met 6-1 en 6-0

Andrey Rublev klop Yoshihito Nishioka met 6-2 en 7-5

Karen Khachanov klop Roberto Bautista Agut met 7-5, 4-6 en 6-3

Stefanos Tsitsipas klop Dominic Thiem met 3-6, 6-1 en 7-6

Cameron Norrie klop Yosuke Watanuki met 6-4 en 7-6

Frances Tiafoe klop Tomas Etcheverry met 6-3 en 7-6

Taylor Fritz klop Christopher O’Connell met 7-6 en 6-4

Dusan Lajovic klop Felix Auger-Aliassime met 6-2, 3-6 en 7-6

Daniil Medvedev klop Andrea Vavassori met 6-4 en 6-3

Jessica Pegula klop Marie Bouzkova met 6-4 en 7-6

Daria Kasatkina klop Lesia Tsurenko met 6-4 en 6-2

Maria Sakkari klop Rebeka Masarova met 3-6, 6-3 en 6-3

Mayar Sherif klop Caroline Garcia met 7-6 en 6-3

Paula Badosa klop Coco Gauff met 6-3 en 6-0.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.