Die week in foto’s

Duitsland: ʼn Kersboom gemaak van meer as 1 000 individuele dennebome uit die Sauerland-streek is volgens kenners die grootste Kersboom ter wêreld. Die liggies van dié boom in Dortmund is onlangs aangeskakel. (Foto: Ina Fassbender/AFP)

Abu Dhabi: Vliegtuie bokant die Yas Marina-renbaan in Abu Dhabi waar die F1-Etihad Airways Grand Prix van 24 tot 26 November aangebied is. (Foto: Florent Gooden/DPPI/AFP)

Verenigde Koninkryk: Alba, ʼn voormalige reddingshond, neem deel aan ʼn skilderoefening by die Bristol-dierereddingsentrum (ARC). (Foto: Henry Nicholls/AFP)

Filippyne: Ramiro Hinojas, ʼn verkeersbeampte in Manila, verrig nie net sy dagtaak nie, maar gee ook gestalte aan die feesseisoen met sy Kersvader-uitrusting. (Foto: Jam Sta Rosa/AFP)

Argentinië: ʼn Man se silhoeët teen die November-volmaan, waarna ook verwys word as “bewermaan” omdat dit verskyn in dieselfde tyd wanneer bewers regmaak vir die winter. (Foto: Luis Robayo/AFP)

Indonesië: ʼn Ernstig bedreigde Sumatran-olifantkalf is op 28 November in Indonesië gebore. Hier staan sy by haar ma ​​by een van die plaaslike olifantreaksie-eenhede se kampe ​​in Margahayu. Sumatran-olifante is op die randjie van uitwissing en daar is wêreldwyd ongeveer 2 800 oor. (Foto: Indonesië se ministerie van omgewing en bosbou/AFP)

Notre-Dame

Frankryk: Werkers is doenig op steierwerk rondom die houtstruktuur van die nuwe toringspits van die Notre-Dame katedraal in Parys. Hierdie toringspits is ʼn identiese weergawe van die oorspronklike een wat tydens die brand van 15 April 2019 vernietig is. Volgens die Franse departement van kultuur sal die katedraal teen die einde van 2024 heropen word. (Foto: Miguel Medina/AFP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.