Die week in foto’s

Brasilië: Brandbestryders blus die vlamme nadat ʼn Cessna Caravan, van die federale polisie, in Brasilië neergestort het. Die ongeluk het by die Pampulha-lughawe plaasgevind en het twee lewens geëis. (Foto: Minas Gerais-brandweer/AFP)

Italië: ʼn Sumatraanse tierwelpie genaamd Kala in haar tuiste by die Biopark-dieretuin in Rome. Die tierwelpie is in Desember gebore en is Donderdag vir die eerste keer aan besoekers gewys. (Foto: Tiziana Fabi/AFP)

Colombia: Toeriste verkyk hulle aan die Pachamama-beeldhouwerk deur kunstenaar Jorge Jaramillo, oftewel Jordy, en 3D-drukkerskunstenaar Juan David Escandon. Die beeldhouwerk bring hulde aan die aard van die stad Medellín. Om die beeldhouwerk van 5,5 m hoog en 5,5 m breed te skep, het die kunstenaars 1 500 stukke met 20 3D-tegnologiedrukkers laat maak. (Foto: Jaime Saldarriaga/AFP)

VSA: Yoda, ʼn hond wat deel was van die Amerikaanse grenspatrollie, wag sy beurt geduldig af om die medalje vir dapperheid van Diere in Oorlog & Vrede te ontvang. Altesame sewe honde wat in wetstoepassing- en militêre operasies gedien het, word by die seremonie vir hul diens vereer. (Foto: Allison Bailey/NurPhoto/AFP)

Ecuador: Dié lugfoto wys hoe lede van die Ecuador-vloot voorberei vir ʼn oefening aan boord van die Isla Isabela, wat nie op die foto gesien kan word nie. Die oefening vind plaas op die see naby die San Cristobal-eiland in die Galapagos-eilande. (Foto: Ernesto Benavides/AFP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.