Die wêreld in foto’s – 12 Junie 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Sedert die uitbreking van Covid-19 het die dra van gesigsmaskers al hoe meer noodsaaklik geraak om die verspreiding van die virus hok te slaan. Dít het egter individue wat afhanklik is van lippe lees met ʼn penarie gelaat.

Ingrid Helton, verantwoordelik vir kostuumontwerp by die San Diego Opera in die VSA, het ʼn prototipemasker ontwikkel met ʼn plastiekvenster voor die mond. Dié soort masker help gehoorgestremdes om lippe te lees en hospitaalpersoneel om pasiënte te troos met ʼn glimlag.

Só lyk die prototipemasker wat gehoorgestremdes help liplees.

Ingrid Helton, kostuumontwerper van die San Diego Opera en ontwerper van die prototipemasker met ʼn plastiekvenster voor die mond, tydens ʼn onderhoud in San Diego, VSA. (Foto: Gregory Bull, AP)

Michael Conley, ʼn gehoorgestremde, glimlag terwyl hy met ander gesels in San Diego, VSA. (Foto: Gregory Bull, AP)

Helton besig om ʼn masker met ʼn plastiekvenster te stik. (Foto: Gregory Bull, AP)

ʼn Gesigsmasker soos dié maak dit moontlik vir gehoorgestremdes om te kan liplees. (Foto: Gregory Bull, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.