Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Sedert die uitbreking van Covid-19 het mense wêreldwyd in afsondering gegaan terwyl noodsaaklike dienste en mediese personeel dié wêreldwye pandemie beveg. Só bedank die VSA, wat sosiale distansiëring toepas, dié personeel vir hul opofferings.
Die geboue in Kansas-stad in die VSA is blou verlig ter ondersteuning van gesondheidswerkers tydens die Covid-19-pandemie. (Foto: Charlie Riedel, AP)
Mense hou ʼn verligte bedankingsteken in die parkeerterrein van die Integris Baptiste Mediese Sentrum in Oklahoma-stad omhoog. (Foto: Sue Ogrocki, AP)
Die Kalifornië-toring en museum in San Diego bedank gesondheidswerkers en nooddienste vir hul opofferings tydens die Covid-19-pandemie. (Foto: Gregory Bull, AP)
ʼn Man stamp deksels teen mekaar in New York ter ondersteuning van nooddienste en gesondheidswerkers tydens die Covid-19-pandemie. (Foto: Mark Lennihan, AP)
Die South Bay-herberg se verligte kamers spel “Hoop” in Myrtle-strand tydens die Covid-19-pandemie. (Foto: The Sun News, AP)