Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Ivan Frederic van die nasionale Knie-sirkus se “vredesperde” besig met toertjies tydens die 44ste Monte Carlo- internasionale sirkusfees in Monaco. (Foto: Daniel Cole Pool, AP)

ʼn Reisiger met ʼn gesigmasker buite die Beijing-treinstasie. ʼn Tweede persoon is intussen dood aan ʼn nuwe vorm van koronavirus in Sentraal-China. (Foto: Mark Schiefelbein, AP)

Reisigers kyk na ʼn leeu-dans by die Beijingse internasionale lughawe. Met die aanbreek van die nuwe maanjaar op hande het Chinese reisigers Vrydag na treinstasies en lughawens gestroom om aan landswye rituele deel te neem. (Foto: Ng Han Guan, AP)