Die wêreld in foto’s – 17 Julie 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Te midde van die Covid-19-pandemie het die Bali-dieretuin in Indonesië Maandag vir besoekers heropen nadat dit vir drie maande vir die publiek gesluit was.

Só geniet besoekers en diere die heropening.

ʼn Papegaai sit op ʼn werker van die Bali-dieretuin se arm. (Foto: Firdia Lisnawati, AP)

ʼn Veearts ondersoek ʼn bedreigde ietermago in die Bali-dieretuin in Indonesië. (Foto: Firdia Lisnawati, AP)

ʼn Baba silwerige gibbon-apie kruip agter haar ma weg in die Indonesiese Bali-dieretuin. (Foto: Firdia Lisnawati, AP)

ʼn Veearts ondersoek ʼn orangoetang se tande in die Bali-dieretuin in Indonesië. (Foto: Firdia Lisnawati, AP)

Besoekers aan die Bali-dieretuin in Indonesië. (Foto: Firdia Lisnawati, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.