Die wêreld in foto’s – 17 September 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Suid-Afrika se Siya Kolisi (middel) tydens ʼn oefensessie in Urayasu, naby Tokio, voor die afskop van die Wêreldbeker-rugbytoernooi teen Nieu-Seeland. (Foto: Takumi Sato, AP)

Voetgangers hou sambrele vas tydens stormsterk winde in Fanning- and Polkstraat in Houston, Texas, in die VSA. Tropiese storm Imelda het Houston tydens spitstyd Dinsdag getref. (Foto: Yi-Chin Lee, AP)

Mense in Sri Lanka loop verby die Nasionale Hospitaal tydens die betogings wat deur die lede van die Vereniging van Mediese Amptenare in Colombo, Sri Lanka, gereël is. Dié betoging is gereël om te eis dat die regering salarisafwykings van staatsdokters moet oplos. (Foto: Eranga Jayawardena, AP)

Barcelona se doelwagter Marc-Andre ter Stegen (links) vang die bal, geskop deur Dortmund se Marco Reus (regs) tydens die Champions League Groep F-sokkerwedstryd tussen Borussia Dortmund en FC Barcelona in Dortmund, Duitsland. (Foto: Martin Meissner, AP)

Kristie Ahn van Amerika slaan die bal terug na Ana Bogdan van Roemenië tydens hulle tweede ronde van die Korea Ope-tennistoernooi in Seoel, Suid-Korea. (Foto: Ahn Young-joon, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.