Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Jekaterina Gordon, ʼn Russiese joernalis, praat tydens ʼn mediakonferensie in Moskou in Rusland. Gordon het haar as presidensiële kandidaat beskikbaar gestel vir die verkiesing wat in Maart 2018 plaasvind. (Pavel Golovkin, AP)
ʼn Vulkaniese uitbarsting op die Berg Agung in Bali, Indonesië. (Foto: Wayan Wijaya, AP)
ʼn Man en ʼn vrou dra maskers teen die lugbesoedeling in Beijing, China. (Foto: Ng Han Guan, AP)
Die hek van ʼn stasie in Athene is gesluit weens werkers wat staak. (Foto: Thanassis Stavrakis, AP)
ʼn Besoeker aan ʼn park in Tokio in Japan neem foto’s van die herfsblare. (Foto: Shizuo Kambayashi, AP)
ondersteun maroela media só
Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.
Jekaterina is n vrouenaam en die foto lyk ook soos die van n vrou. Hoekom sê jul dus ” hom”?
Dagsê Eish
Dankie vir jou valkoog. Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.
Groetnis
Dalene
nms. Maroela Media
Pragtige foto’s. Jekaterina is ook ‘n mooi ‘haar’ en nie ‘n ‘hom’ soos in die onderskrif van die foto.
Dagsê Houtoog
Dankie vir jou valkoog. Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.
Groetnis
Dalene
nms. Maroela Media
Die herfsblare se kleure is absoluut pragtig.