Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Daar is chaos in Mogadishu, Somalië, ná ʼn selfmoordbomaanvaller van ISIS ʼn hotel aangeval het. Foto: Abdi Warsameh, AP
ʼn Sekuriteitsbeampte deursoek ʼn motorfietsryer op die vooraand van Republiekdag in Indië. Sekuriteit is opgeskerp ter voorbereiding vir môre se verrigtinge. Foto: Channi Anand,AP
Rafael Nadal van Spanje vier sy oorwinning ná hy Milos Raonic van Kanada tydens die Australiese Ope se kwarteindronde geklop het. Foto: Dita Alangkara, AP
Brandeplankryers geniet die groot golwe by Seal-strand in Kalifornië ná kragtige winterstorms dié gebied getref het. Foto: Jeff Gritchen, The Orange County Register via AP
Inwoners van Kasjmier verkoop groente en vrugte op ʼn drywende mark in Srinagar. Foto: Dar Yasin, AP
ondersteun maroela media só
Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.