Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Rusland neem deel aan gesprekke by ʼn noodvergadering in New York. Verskeie lande het bymekaargekom om die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad te spreek oor die situasie in Sirië. Foto: (Xinhua/Li Muzi) (lrz)

ʼn Su-30-vegvliegtuig en H-6K-bomwerper, van China se lugmag, vlieg saam tydens ʼn oefensessie naby die Oos-Chinese see. ʼn Woordvoerder van Japan se regering het China gewaarsku teen militêre aktiwiteite naby ʼn area wat albei lande as hul eie beskou, nadat agt Chinese vegvliegtuie Sondag naby die gebied gevlieg het. Foto: AP/Ariana Cubillos

Arnold Palmer trek sy groen baadjie aan met die hulp van Jack Nicklaus nadat hy die Masters Gholf-kampioenskap gewen het. Dié foto is in 1964 geneem en bring hulde aan “The King”, wat op 25 September in die ouderdom van 87 jaar oorlede is. Foto: AP Photo/File