Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Die Amerikaanse president, Barack Obama, saam met die Japannese premier, Shinzo Abe, by ʼn seremonie by Hiroshima Peace Memorial Park in Hiroshima, in Wes-Japan. Obama is die eerste Amerikaanse president wat dié plek besoek waar die wêreld se eerste atoombom ontplof het. Foto: AP Photo/Carolyn Kaster/
Feesgangers neem deel aan die Patum de Berga-fees in Berga, Spanje. Dit is ʼn gewilde fees wat sedert die Middeleeue gevier word. Foto: AP Photo/Emilio Morenatti/
ʼn Vrou bad langs die pad by ʼn kraan wat deur die hele gemeenskap gebruik word in Allahabad, Indië. Sulke krane is broodnodig vir dié gemeenskappe aangesien geen ander water beskikbaar is nie. Foto: AP Photo/Rajesh Kumar Singh/
Pous Franciskus ruil geskenke uit met die president van Costa Rica, Luis Guillermo Solis, en sy vrou, Mercedes Penas, tydens ʼn private besoek by die Vatikaan. Foto: Alberto Pizzoli/Pool photo via AP/
Die sokkerbestuurder, Jose Mourinho, teken ʼn Manchester United-hemp van ʼn aanhanger. Manchester United het vir Mourinho aangestel as die span se derde bestuurder in drie jaar, in die hoop om die span se naam as mees gesogte span in Engeland te herstel. Foto: Daniel Leal-Olivas/PA via AP/