Die wêreld in foto’s – 28 Augustus 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Veldbrande woed in die Amasone-woud in Altamira, Brasilië. Dié noodkreet vir die bewaring van die grootste reënwoud ter wêreld het oor die hele wêreld skokgolwe veroorsaak. (Foto: Leo Correa, AP)

Mense kom aan by ʼn privaat hawe om bote weg te skuif vir beskerming teen die tropiese storm, Dorian, in Boqueron, Puerto Rico. (Foto: Ramon Espinosa, AP)

Serena Williams slaan die bal terug na Maria Sharapova tydens die eerste ronde van die VSA Ope-tennistoernooi in New York. (Foto: Charles Krupa, AP)

Los Angeles Dodgers se Corey Seager in aksie tydens die vyfde skof van die bofbalwedstryd teen San Diego Padres in San Diego. (Foto: Gregory Bull, AP)

Model Martha Hunt daag op by die Lido-strand vir die 76ste jaarlikse Internasionale Filmfees in Venesië, Italië. (Foto: Etoore Ferrari, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.