Die wêreld in foto’s – 5 Maart 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

ʼn Werker met ʼn masker op maak fietswielvellings in ʼn fabriek in Hangzhou in die ooste van China. Fabrieke koop duisende maskers en liters ontsmettingsmiddels in ʼn poging om hul werknemers teen die Covid-19-virus te beskerm. (Foto: Chinatopix, AP)

Gondels staan in die reën in Venesië, Italië. Venesië se piazzas is leeg, basilieke is toe en gondeliers het nie werk nie sedert die Covid-19-virus uitgebreek het. (Foto: Francisco Seco, AP)

ʼn Hondjie sit agter ʼn troeteldierwinkel se venster in Hongkong. Troetelkatte en -honde kan nie die nuwe Covid-19-virus aan mense oordra nie, maar kan wel positief toets vir lae vlakke daarvan indien hulle dit van hul eienaar kry. (Foto: Kin Cheung, AP)

ʼn Vrou stap deur ʼn rysveld aan die buitewyke van Gauhati, Indië. (Foto: Anupam Nath, AP)

Migrante loop oor ʼn brug in Edirne naby die Turks-Griekse grens. Turkye het onderneem dat geregtigheid sal geskied nadat Griekse owerhede traangas en skokgranate gebruik het om migrante te keer om die grens oor te steek. Griekeland het ontken dat iemand tydens die konflik dood is. (Foto: Darko Bandic, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.