Die wêreld in foto’s – 5 September 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Kanada se Khem Birch (regs) in aksie teen Senegal se Youssoupha Ndoye (links) tydens hulle Fiba-basketbalwedstryd in Dongguan in die Guangdong-provinsie, Suid-China. (Foto: AP)

Cleveland Indians se Shane Bieber in aksie tydens die eerste skof van die bofbalwedstryd teen Chicago White Sox in Cleveland. (Foto: Tony Dejak, AP)

Orkaan Dorian het verwoesting gesaai in die Marsh-hawe, Abaco-eiland, Bahamas, soos te sien in hierdie lugfoto. Volgens die Bahamiaanse minister van gesondheid weet hulle tot dusver van ongeveer 20 sterftes. (Foto: Gonzalo Gaudenzi, AP)

Die Parlement in Londen. Die Britse eerste minister het ʼn groot parlementêre nederlaag ervaar wat sy posisie verswak het. (Foto: Matt Dunham, AP)

Nonne wag in spanning om pous Franciskus te sien by die Apostoliese pouslike setel in die hoofstad Maputo in Mosambiek. Die pous skop ʼn pelgrimstog in Suider-Afrika af met sy strategiese besoek aan Mosambiek net weke ná die regerende party se gewapende opposisie ʼn nuwe vredesooreenkoms onderteken het en weke voor die nasionale verkiesing. (Foto: Ben Curtis, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.