Die wêreld in foto’s – 6 Februarie 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

ʼn Foto van lede van Nepal se LGBT-gemeenskap terwyl hulle besig is met oefeninge in die Dasarath-stadion in Katmandu, Nepal. Nepal se komende nasionale sensus sal vir die eerste keer die LGBT-bevolking insluit ten einde staatsdiensposte en onderwys vir minderheidsgroepe beter toe te wys. (Foto: Binod Joshi, AP)

ʼn Passasier staan op die balkon van die ontspanningskip, Diamond Princess wat in die Jokohama-hawe naby Tokio voor anker lê. Gesondheidswerkers het bevestig dat nog tien mense op dié skip positief getoets het vir die koronavirus. Hulle is na hospitale in die omgewing oorgeplaas vir verdere toetse en behandeling. (Foto: Eugene Hoshiko, AP)

Pakistan se kaptein, Azhar Ali (regs), en sy Bangladesj-eweknie, Mominul Haque, staan by die toetsreeks-trofee in die Pindi-krieketstadion in Rawalpindi, Pakistan. (Foto: Anjum Naveed, AP)

Familie en vriende volg ʼn lykswa in Uruapan, Mexiko, met die liggaam van een van die drie kinders wat in ʼn videospeletjie-arkade doodgeskiet is daarin. (Foto: Marco Ugarte, AP)

ʼn Treinwa het Donderdag in Ospedaletto Lodigiano naby Lodi in die noorde van Italië ontspoor. Twee spoorwegwerkers is dood en minstens 27 mense beseer. (Foto: Antonio Calanni, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.