“Ek het my kamera by my gehad. Ek wou ʼn ‘viral’ video maak. Ek wou dit op alle sosialemediaplatforms deel.”
Lees meerAlles vir Donderdag 6 Februarie 2020
Beendere in Bethelsdorp gevind
Speurders van die Bethelsdorp-polisie in die Oos-Kaap versoek die gemeenskap se hulp om die identiteit van ʼn persoon te bepaal ná ʼn skelet in die gebied gevind is.
Mbali Ntuli kandidaat vir DA-leierskap
Die voormalige DA-jeugleier, Mbali Ntuli, het aangekondig dat sy haarself verkiesbaar stel om in April by die DA se federale kongres tot partyleier verkies te word.
Verdagtes gevonnis oor skade aan spoorlyn
Sam Smago (36) en Clement Pafiwa (35) is in die Graskop-streekhof gevonnis op aanklag dat hulle infrastruktuur, naamlik spoorlyne, beskadig het.
SAL staak alle plaaslike vlugte buiten Jhb-Kaapstad
Die Suid-Afrikaanse Lugdiens staak vanaf 1 Maart 2020 alle plaaslike vlugte vir Durban, Oos-Londen en Port Elizabeth, het die maatskappy se sakereddingspraktisyns Donderdag gesê.
Man vas wat glo teen 156 km/h in 60 km/h-sone ry
ʼn 39-jarige man is Donderdagmiddag op die Ou Vereenigingpad in Gauteng in hegtenis geneem toe hy glo teen 156 km/h in ʼn 60 km/h-sone gery het.
Motor ploeg in skoolmuur; leerders beseer
Die muur het omgeval en leerders is dadelik na ‘n hospitaal geneem.
Zuma straks afwesig by staatsrede
Oudpresident Jacob Zuma lyk of hy vanjaar se staatsrede kan misloop te midde van die omstredenheid oor sy klaarblyklike siekte, die verwerping van sy siektebrief deur die hof en die gevolglike lasbrief vir sy inhegtenisneming.
ToekomsVenster: Die mal wêreld
Is daar nog koersvaste mense op hierdie planeet, mense wat die oë op die horison en God se nuwe dag het?
Saai lê strafregtelike klag ná verdagte GEPF-grondtransaksie
Dit blyk nou die GEPF het slegs ʼn 60%-aandeel in die grond wat teen R586 miljoen aangekoop is.
Die wêreld in foto’s – 6 Februarie 2020
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie.
Werker steel duisende by kerk
Die vrou het as skriba by die kerk gewerk.
Pitbull herstel goed ná tieners ore afsny
Die tieners het die wonde met vislyn toegewerk sonder om enige verdowingsmiddels te gebruik.
Perde help met leierskapsopleiding
Derdejaarstudente by die Militêre Akademie in Saldanha is dit eens dat vyf dae van perd-gesteunde leierskapsopleiding hulle geleer het om meer geduldig te wees, kalm te bly en ’n situasie eers op te som voordat daar opgetree word.
Taalgebruik: opsoek, op soek
Taaltoffie stel ondersoek in oor die verskil in die gebruik van die woorde “opsoek” en “op soek”.
ʼn Taxi? Aikôna, eerder ʼn luukse bus met styl
Die splinternuwe VX is eenvoudig die luuksste kombi tans in Suid-Afrika beskikbaar hoewel die ontwerp dalk nie almal se koppie tee is nie.
Denel beëindig vervaardiging van vliegtuigonderdele
Denel Aerostructures het vliegtuigonderdele vervaardig.
Tukkies-losskakel wil wedstryde vir sy span wen
En met die sirene wat reeds vir die einde van die wedstryd geloei het, was Tukkies se Theo Boshoff’n held.
Tien maniere om jou kind met wiskunde te help
Met ʼn bietjie aanmoediging, tyd en entoesiasme kan hierdie wenke jou kind help om wiskunde selfs nog meer te geniet en lief te hê.
En die nuwe ‘Boer soek ʼn vrou’-aanbieder is…
Die splinternuwe aanbieder vir Boer soek ʼn vrou is Donderdagoggend aangekondig.