Die wêreld in foto’s – 6 Julie 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Die bekende Louvre-museum het Maandag vir die eerste keer sedert die Covid-19-pandemie Parys getref het, vir ʼn beperkte aantal besoekers heropen. Die museum, wat gewoonlik byna 40 000 besoekers per dag ontvang, het slegs 7 400 kaartjies beskikbaar gestel vir dié dag.

Die museum was vier maande lank vir die publiek gesluit en talle ander galerye in die museum bly gesluit. Gewilde uitstallings van kunswerke soos die Mona Lisa en die Griekse standbeeld, Venus de Milo, is egter oop vir die publiek.

Besoekers wag in die binnehof van die Louvre-museum. (Foto: Thibault Camus, AP)

Besoekers wag vir die Louvre-museum om te open. (Foto: Thibault Camus, AP)

Die Louvre-museum nadat dit heropen het. (Foto: Thibault Camus, AP)

Besoekers bewonder Leonardo da Vinci se Mona Lisa. (Foto: Thibault Camus, AP)

Die Le Sacre de Napoleon (Die kroning van Napoleon) deur Jacques Louis David in die Louvre-museum in Parys. (Foto: Thibault Camus, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.