Die wêreld in foto’s – 9 Julie 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Te midde van die Covid-19-pandemie het Indonesië prosedures ingestel vir die hantering van slagoffers van die virus ná hul afsterwe.

Dié regulasies is egter in teenstelling met die Moslemgemeenskap se gebruike en het gelei tot toenemende voorvalle van liggame wat uit hospitale verwyder is, asook die grootskaalse verwerping van gesondheids- en veiligheidsprosedures.

Werkers in beskermingspakke berei ʼn kis voor met die liggaam van iemand wat vermoedelik aan Covid-19 gesterf het. (Foto: Achmad Ibrahim, AP)

ʼn Werker word met reinigingsmiddels gespuit ná ʼn begrafnis in Djakarta, Indonesië. (Foto: Achmad Ibrahim, AP)

ʼn Begraafplaas vir Covid-19-verwante sterftes. (Foto: Achmad Ibrahim, AP)

Werkers in beskermingspakke dra ʼn kis in die begraafplaas vir Covid-19-verwante sterftes. (Foto: Achmad Ibrahim, AP)

Mense in Djakarta, Indonesië, rou oor ʼn geliefde wat vermoedelik aan Covid-19 oorlede is. (Foto: Achmad Ibrahim, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.