Dít is silwerdoek se duurste juwele

Heart of The Ocean. (Foto: DL Magazine)

ʼn Onlangse ondersoek het probeer vasstel wat die duurste juweliersware is wat deur karakters op die silwerdoek en op televisie gedra is. Van die duurste juweliersware, sou dit ooit verseker moes word, se waardasie beloop miljarde rand.

Die huisversekeringkundiges by Confused.com het bevind dat die bekende “Heart of the Ocean”-halssnoer wat deur Rose in die rolprent Titanic gedra is, gelykstaande is aan die duurste juweliersitem wat tot op hede in ʼn rolprent gedra is.

Die blou diamantstuk wat deur Kate Winslet se karakter gedra is, word deur Queensmith Master Jewellers in Engeland gewaardeer op meer as R8 miljard.

Dié onvergeetlike snoer wat ikonies is vanweë sy 56-karaat hartvormige diamant, is deur die Hope-diamant van meer as 45 karaat geïnspireer. Die Hope-diamant is in die 17de eeu in Indië ontdek en word tot op hede beskou as een van die wêreld se waardevolste diamante.

Die tweede duurste halssnoer is deur Anne Hathaway as Daphne Kluger in Ocean’s 8 gedra en is na raming byna R2,5 miljard werd. Die bekende “Toussaint”-halssnoer bestaan uit verskillende groottes diamante, insluitend die 136,25 karaat blou-wit “Koningin van Holland”-diamant en ʼn 12 karaat olyfgroen diamant. Dié halssnoer, soos wat dit in die rolprent gewys word, het destyds nog bestaan, maar is intussen al uitmekaar gehaal om ander juweliersware te maak.

Hier is van die waardevolste diamanthalssnoere wat al in rolprente gesien is:

#KarakterRolprentJuweelGeskatte prys
1Rose DeWitt BukaterTitanic“The Heart of the Ocean”-halssnoerR8,04 miljard
2Daphne KlugerOcean’s 8“Toussaint” Cartier-halssnoerR2,4 miljard
3Linnet DoyleDeath on the Nile128 karaat geel diamanthalssnoerR482 miljoen
4Andie AndersonHow to Lose a Guy in 10 Days“Isadora”- geel diamanthalssnoerR80 miljoen
5Lorelei LeeGentlemen Prefer Blondes“Moon of Baroda”- diamanthalssnoerR70 miljoen
6Anna KareninaAnna KareninaDiamanthalssnoerR50 miljoen
7Elise Clifton-WardThe TouristDiamanthalssnoerR40 miljoen
8Marie SchmidtThe 355“Piaget’s Sunny Side of Life”- roosgoud-halssnoerR12 miljoen
9Patrizia ReggianiHouse of GucciBulgari-halssnoerR10 miljoen
10Vivian WardPretty WomanRobyn-en-diamant-harthalssnoerR9 miljoen

Terwyl daar talle uitspattige pragstukke in rolprente gedra is, het navorsers bevind dat die duurste juweliersware wat in televisiereekse gedra word, dikwels verloofringe is.

As een van die herkenbaarste juweliersitems in die wêreld se geskiedenis, is dit nie verbasend dat ʼn namaaksel van prinses Diana se verloofring ʼn verskyning in die bekende televisiereeks The Crown, wat die lewe van die Britse koninklikes uitbeeld, maak nie.

Dié 12 karaat blou saffierring wat met 14 diamante omring is, se geskatte waarde is meer as R8,05 miljoen.

Die karakter Blair Waldorf spog in Gossip Girl met ʼn 8 karaat Harry Winston-verloofring, ook ter waarde van R8,05 miljoen.

Hier is van die waardevolste juweliersware wat al in televisiereekse gesien is:

#KarakterTelevisiereeksJuweelGeskatte prys
=1Blair WaldorfGossip GirlVerloofringR8 miljoen
=1Prinses DianaThe CrownVerloofringR8 miljoen
2Emily CooperEmily in ParisHarthalssnoerR5 miljoen
3Koningin CharlotteBridgertonRobynoorbelleR4 miljoen
4Carrie BradshawSex And The CitySwartdiamant-verloofringR3,5 miljoen
5Lady MaryDownton AbbeyTiaraR2,9 miljoen
6Anna DelveyInventing AnnaOscar de la Renta-oorbelleR1,6 miljoen

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Dries ·

Wil ons regtig hierdie dinge weet. Mense gaan dood van honger terwyl ander ydel is

Burgermeester ·

Ek dink die Ark van Indiana Jones moet die duurste wees.
Maar as ek mooi daaraan dink, dan moet die ring wat gesiggie van ‘Lord of the Rings’ in die vulkaan gaan gooi het die duurste wees. Want vet weet, dit was die langste 3 ure fliek wat my vrou my laat kyk het. Geen geld sal daai 3 ure kan terug betaal nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.