Duisende honger klante het oor die afgelope drie dae na Yangon in Mianmar gestroom om die Amerikaanse kitskoswinkel KFC se kos te proe.
“Jongmense in ons land kan nou eet soos jong mense in ander lande,” het ʼn 20-jarige meisie aan die nuusagentskap Xinhua gesê. “Ek het ure lank in die ry gestaan om vir die eerste keer KFC te proe.”
Die restaurant is oopgemaak nadat die VSA sy sanksies teen die regering in Mianmar in 2012 opgehef het.
Yoma Strategic Holdings, KFC se vennoot in die land in Suidoos-Asië, hoop om nog takke in Yangon oop te maak. Yoma Strategic Holdings, gebaseer in Singapoer, is ʼn beleggingsmaatskappy wat groot ondernemings bedryf in Mianmar in die toerisme-, eiendom- en landbousektor.
KFC het ongeveer 20 000 restaurante in meer as 120 lande. Die eerste restaurant is in 1952 in Louisville, Kentucky oopgemaak.
Ek sal eerder uit-‘chicken’ om kommentaar te lewer. . .
Ek kan tog nie weerhou dat ek nou weet waarom die Nkandla-hoenderhok so belangrik is . . .
More Peet, ek is ook nie te lief vir de oliebolle nie, maar ek dink as mens dag in en dag uit moet rys vat, sal selfs dié hoender ‘n goeie smaak kan hê..
Môre zahn, daar is ook ‘n swembad om die hoenders skoon en netjies in te kan was.
Kyk hoe mooi maer is hulle nog! Nie meer vir lank nie..
Maretha ek stem; die een meisie wat nogals sê nou kan hulle eet soos ander jong mense in ander lande weet nie waarvan sy praat nie. Ga, een van die dae waggel hulle soos sekeres rond….
Nou sal die verkeers departemente,polisiestasies en politici se kantore ook seker strategies naby KFC verskuif word.
Daardie lot sal egte KFC geniet solank dit by HOENDER bly , laaste tyd meng hulle enige lewende goed met meel en olie om te bedien , glo nie hulle sal agterkom nie. Good Luck!
Nou gaan hulle ook so dik word soos die SA-kinders en die Amerikaners !!!