Duitsland wil Amerikaanse vegvliegtuie koop

F-35A Lightning II Joint Strike Fighter van die Amerikaanse Lugmag (Foto: Amerikaanse Lugmagfoto deur Master Sgt. Donald R. Allen via Wikimedia Commons)

Duitsland is van voornemens om tot 35 F-35-vegvliegtuie van ʼn Amerikaanse vervaardiger en 15 Eurofighter-vegvliegtuie aan te koop, het ʼn bron in die parlement Maandag gesê. Dit is deel ʼn plan om sy gewapende magte te vernuwe in reaksie op Rusland se inval in Oekraïne.

Die F-35-vegvliegtuie, wat deur Lockheed Martin vervaardig word, sal Duitsland se dekades oue Tornado-vloot vervang, aldus mediaberigte wat deur die bron bevestig is.

Tornado’s is die enigste Luftwaffe-vliegtuie in Duitsland wat Amerikaanse kernbomme kan vervoer, ʼn sleuteldeel van Navo se afskrikmiddel.

Lockheed se F-35-vliegtuie word beskou as die mees moderne vegvliegtuie in die wêreld. Hul unieke vorm en verfwerk maak dit moeilik om op radar op te spoor.

Die bykomende Eurofighter-vliegtuie wat Duitsland wil aankoop, word vervaardig deur ʼn konsortium wat Airbus insluit. Dit sal na bewering vir ander bedrywighede aangewend word, insluitend elektroniese oorlogvoering om die vyand se lugverdedigingstelsels te smoor.

Die Duitse kanselier Olaf Scholz het verlede maand in ʼn toespraak onderneem om ʼn bykomende €100 miljard in die land se onderbefondsde gewapende magte te belê.

Die besteding is ʼn groot ommekeer vir Europa se top-ekonomie en keer sy beleid, om ʼn lae militêre profiel te handhaaf, weens skuldgevoelens oor die Tweede Wêreldoorlog, op sy kop.

Ná jare se veroordeling dat die land nie ʼn voldoende finansiële las dra in Navo se militêre alliansie nie, het Scholz ook onderneem om “meer as 2%” van Duitsland se bruto binnelandse produk jaarliks aan verdediging te spandeer. Dit is meer as Navo se eie 2%-teiken.

Die skuif is genoodsaak deur oorlog op die Europese vasteland ná Rusland op 24 Februarie Oekraïne binnegeval het.

ʼn Voorlopige begroting vir 2022 wat Maandag vrygestel is, bevestig Duitsland se beplande besteding. Indien die begroting in die parlement goedgekeur word, sal Berlyn meer as €50 miljard vanjaar aan verdediging spandeer.

Die aankope van die F-35’s laat egter vrae ontstaan oor die toekoms van ʼn gemeenskaplike Europese vegvliegtuig wat met Spanje en Frankryk ontwikkel is. Die Future Combat Air System (FCAS) sal na verwagting teen 2040 die Frans-vervaardigde Rafale-vegvliegtuie en Duitse en Spaanse Eurofighter-vliegtuie vervang.

Dis nie duidelik hoeveel Duitsland vir die vegvliegtuie moet opdok nie. Finland het in Desember 64 F-35A-vegvliegtuie bestel in ʼn kontrak van €8,4 miljard.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Vrijburger ·

Mmmm kon die geld wat te maak is uit die wapenindustrie dalk ‘n rol gespeel het in die Weste se onwilligheid om die logiese & maklike oplossing te kies (om Oekraine neutraal en NATO-vry te hou)?

Marthinus W ·

Jare gelede toe vryheid van spraak nog n werklikheid was, het n grappie in die tydskrif Brandwag verskyn. Hitler is in Suid-Amerika opgespoor, en toe hulle hom vra of hy weer politiek toe wil gaan, se hy nee, die wereld is onderstebo, want Duitsland maak nou geld, en die Jode maak oorlog. Met die aankoop van die sukkelende F-35 lyk dit of die oorlogsugtige Duitsland terug is.

annie ·

Die Neo-Nazi’s is uiters slinks en gebruik die aandagsoeker Zelensky as skynleier. Duitsland sal nooit ooit vir Rusland vergewe omdat hy Hitler gestuit en die verwoestende kampe vernietig het nie. Duitsland beheer die EU en Navo is sy sy breinkind. Te laat sal Israel agterkom dat hy met ‘n slapriem gevang is.

E ·

Ek dink Duisland weet Rasputin gaan nie stop om in te val nie (Rasputin was ook moeilik om van ontslae te raak. Goed vir Duitsland wat op hulle voete dink. Hulle wil nie aan die slaap gevang word nie. Ukraine in 3 weke geneem, wie weet hoe lank Pole gaan staan?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.