Dwaalkoeël tref jong bofbalspeler

(Foto: Thomas Park / Unsplash)

ʼn Studente-bofbalspeler in die VSA is Saterdag tydens ʼn wedstryd in Texas deur ʼn dwaalkoeël getref.

CBS News berig die 18-jarige student aan die Texas A&M University-Texarkana, wie se naam nie bekend gemaak is nie, het ʼn operasie vir sy beserings ondergaan. Volgens die universiteit is die student tans in ʼn bestendige toestand.

Luidens ʼn verklaring deur die Texarkana-polisie het die koeël vermoedelik van ʼn skietery gekom wat in ʼn woonbuurt naby die bofbalveld plaasgevind het.

Die bofbalspeler was omstreeks 17:30 in die omgewing van die gooiers se opwarmingsgebied op die universiteit se George Dobson-veld in Spring Lake Park ​​toe hy deur die koeël getref is. Hy is ná die voorval na die St. Michael-hospitaal gehaas.

Die wedstryd tussen Texas A&M-Texarkana en die Universiteit van Houston-Victoria is kort ná die voorval gestaak. Beradingsdienste is aan al die ander spelers en teenwoordige studente beskikbaar gestel.

Meer besonderhede oor die skietery was nog nie Maandag beskikbaar nie.

 

We are investigating a shooting at George Dobson Field at Spring Lake Park that happened about 5:30 this afternoon. The…

Posted by Texarkana Texas Police Department on Saturday, April 29, 2023

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.