[Foto’s] Honderde sterf toe nóg ʼn aardbewing deur Meksiko ruk

ʼn Lugfoto van ʼn gebou in Meksikostad wat ineengestort het tydens die aardbewing (19 September 2017). Foto: Xinhua/Nikteha Cabrera (ce)

Minstens 216 mense is dood nadat ʼn sterk aardbewing van 7,1 Dinsdag deur die sentrale deel van Meksiko geruk het.

Die plaaslike burgerlike verdedigingsagentskap het die jongste dodetal bevestig. Talle geboue in Meksikostad het ineengestort. Volgens nuusberigte is baie van die sterftes in die staat Morelos en in Meksikostad aangemeld. Meer as 29 mense het in die staat van Puebla gesterf en minstens een mens in Guerrero is dood.

Die jongste aardbewing het die land getref op die 32ste herdenking van ʼn rampspoedige aardbewing wat in 1985 die lewe van duisende mense in Meksikostad geëis het.

Die Meksikaanse owerhede het intussen ʼn noodtoestand afgekondig. Pres. Enrique Pena Nieto het mense versoek om tuis te bly en reddingswerkers toe te laat om onverstoord hul werk te verrig. “Die eerste prioriteit in dié stadium is om mense wat steeds vasgevang is te red en mediese behandeling aan die beseerdes te verskaf,” het Pena Nieto gesê.

ʼn Man word gered van onder die puin van ʼn gebou wat ineengestort het in Condesa in Meksikostad (19 September 2017). Foto: AP Photo/Pablo Ramos)

“Die bevolking moet sover moontlik en indien dit veilig is, by die huis bly. Vermy dit om ʼn opeenhoping in die strate te veroorsaak waar noodvoertuie moet deurbeweeg. Ongelukkig het talle mense hul lewe verloor, onder wie kinders in geboue, skole en huise,” het hy gesê.

BBC berig meer as 20 kinders is dood en meer as 30 word steeds vermis nadat ʼn skool in Meksikostad ineengestort het.

Die aardbewing kom nadat ʼn aardbewing van 8,1 twee weke gelede in die suide van die land die dood van minstens 90 mense veroorsaak het.

Volgens BBC was die episentrum van die jongste aardbewing naby Atencingo in Puebla, ongeveer 120 km vanaf Meksikostad, met ʼn diepte van 51 km.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Lucy ·

“Meksiko” of Mexico ? As dit wel inderdaar Mexico is, sjoe….. wat kan ek sê ! Nog nooit in my lewe so ‘n dorp se naam gesien nie. Maar as ek verkeerd is en daar is wel ‘n dorp met die naam van Meksiko, dan het ek vandag iets geleer….

Ai ·

Jy sal nie glo nie maar daar is n Mosambiek én n Mozambique. n Sjina én n China. n Argentinië én n Argentina… Moet ek aanhou?

Lucy ·

Wow… ek sien die korrekte afrikaanse spelling is wel Meksiko stad, dankie Maroela Media, het beslis iets geleer. Baie jammer oor al die lewens wat verloor is. So dankbaar ons bly in ‘n land waar daar nie so iets gebeur nie.

Grant ·

Meksiko – daar leer ek ook vandag iets. Nog altyd aan Meksiko gedink as Mexico.

Niel ·

gun maar die verslaggewer en haar/sy tikfoutjies. Dit is sekerlik nie aldag altyd maklik om vertalings te doen van Engels na Afrikaans en so die nuus in Afrikaans vir ons te gee. Dankie vir julle opofferings verslaggewers. Waardeer dit opreg. (Dalk was hulle net in skok, die dat hulle sulke tikfoute maak ;-) )

Ironies ·

Die berig bevat geen spelfoute. Jy verstaan net nie Afrikaanse plekname nie

sanet ·

wat my meer pla is hoe MEXICO gespel word!! genade neeeeeeeeeeeeee

Dalene de Vente ·

Dagsê Sanet

Dankie vir die kommentaar.”Meksiko” en “Mexiko” word albei in Afrikaans erken as die korrekte spelling vir dié land (sien die HAT en AWS).

Groetnis
Dalene
nms. Maroela Media

Karen Harmse ·

Nou het jy darem geleer hoe “Mexico” in Afrikaans gespel word. ?

Nico K ·

Hoekom mag ons nie Mexico in Afrikaans skryf nie? Die Franse noem ons land Afrique de Sud en niemand het nog ooit daaroor gekla nie. Maar as die Afrikaners iets in hul eie taal skryf dan is dit verkeerd. Hoekom? (Dan praat ek nie eers van die Engelse wat praat van lande soos Germany en die Dutch wat totaal verkeerde vertalings is, en niemand kla daaroor nie.)

aitog ·

Kan nie glo julle kla oor hoe ‘n plek se naam gespel word. Het iemant die artikel gelees. Dit is ‘n erge ramp. Daar is mense en kinders dood. Bitter tragies.

Reg ·

Ai tog die baie onnies. So perfek. Sal graag n geskrewe stuk van julle wil sien.

Maria ·

Dit is vir my uiters tragies dat Suid-Afrikaners op die punt gekom het waar hulle oor die spelling van ‘n pleknaam kommentaar lewer terwyl die berig ‘n groot tragedie rapporteer.

Lourize ·

Vir die van julle wat nie weet waar dit is nie, dis n plesiertjie hoor.

Meksiko

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Meksiko of Mexiko (Spaans: México [ˈmexiko] luister (hulp·inligting), Nahuatl: Mexihco [me:’ʃiʔko]), amptelik die Verenigde Meksikaanse State[9] (Spaans: Estados Unidos Mexicanos[10] luister (hulp·inligting), Nahuatl: Mexihco Tlacetililli Tlahtohcayotl), is ’n federale presidensiële grondwetlike republiek geleë in Noord-Amerika. Meksiko grens in die noorde aan die Verenigde State van Amerika, in die suide en weste aan die Stille Oseaan, in die suidooste aan Guatemala, Belize en die Karibiese See en in die ooste aan die Golf van Meksiko. Meksiko strek oor ’n gebied van bykans 2 miljoen km² (sowat 760 000 myl²), is die sesde grootste land van die Amerikas wat oppervlakte betref, en die 13de grootste onafhanklike land ter wêreld. Met ’n geskatte bevolking van sowat 120 miljoen in 2015[3] het die land die 11de grootste bevolking ter wêreld, en is benewens die digsbevolkte Spaanssprekende land, ook die tweede mees bevolkte land in Latyns-Amerika naas Brasilië.

LS ·

Kannie glo julle kla oor spelling nie, regtig DIT IS KLEINLIK van julle !!!
Dankie Maroela vir julle gratis nuus !!!
Sterkte aan almal in MEKSIKO !!!

hannes marais ·

vandat die sonsverduistering op die 21ste augustus oor amerika beweeg het,het baie natuurlike rampe en aarbewings gebeur,orkaan harvey,irma,katia,jose en lee wat opad is en natuurlik die twee groot aarbeweings in meksiko en dit alles binne 29 dae…dis tekens om terug tekeer na GOD

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.