Navorsers het berigte in The Times en Daily Mail ontken dat die “geheim” van die Bermuda-driehoek ontrafel is.
Die twee mediahuise het die gevolgtrekking gemaak dat Noorweegse navorsers die “geheim” van die Bermuda-driehoek ontrafel het. Die navorsers het die seebodem van die Arktiese Barentszsee ondersoek, en kraters van tot ’n kilometer in deursnee gevind wat hulle meen deur metaangas, wat uit die seebodem ontsnap het, veroorsaak kon wees.
Die navorsers het ook nog net hul voorlopige bevindings bekend gemaak.
Hulle het egter glad nie die omgewing van die Bermuda-driehoek duisende kilometer daarvandaan ondersoek nie, en self geen afleidings gemaak of daaroor bespiegel nie.
Die moderne opvatting is egter ook dat die Bermuda-driehoek net ’n mite is, en dat daar in hierdie omgewing nie meer skepe en bote vergaan as in enige ander deel van die oseane van die wêreld nie.
Die Bermuda-driehoek is geleë in die Atlantiese Oseaan tussen Bermuda, Puerto Rico en Miami, Florida.
Lees meer: Christian Science Monitor, National Geographic
Maroela, was daar dalk ‘n artikel wat hierdie artikel voorafgegaan het wat ek dalk kon gemis het?
Dagsê Lola
Daar was berigte vroeër die week in The Times en Daily Mail waarop die navorsers reageer het, nie op Maroela Media nie.
Groetnis
Suné
nms Maroela Media