Gordon Ramsay spog met sesde ‘bondeltjie liefde’

Gordon Ramsay en Tana verwelkom hul sesde babatjie (Foto: Gordongram/Instagram)

Die charismatiese sjef Gordon Ramsay (57) en sy vrou, Tana Ramsay (49) het hul sesde babatjie op Instagram verwelkom.

Ramsay het Saterdag die nuus op sy profiel gedeel. Ramsay het Woensdag (8 November) sy verjaarsdag gevier.

“Wat ʼn wonderlike verjaarsdaggeskenk. Verwelkom asseblief Jesse James Ramsay, 7 pond 10 onse [sowat 3,46 kg],” het hy op Instagram geskryf. “Nóg ʼn bondeltjie liefde vir die Ramsay-brigade! Drie seuns, drie dogters.”

Aanhangers het gou hul gelukwense gedeel.

“Baie geluk, julle! In die tweede foto lyk hy of hy reeds iemand ʼn ‘idiootbrood’ noem. Laat die nalatenskap voortleef!” skryf een persoon met ʼn verwysing na Ramsay se kleurvolle maniere om ander sjefs te oordeel.

Tana het ook ʼn aankondiging op haar Instagram-profiel gemaak.

“Dit was ʼn senutergende nege maande, maar ons het dit gemaak en ons is geseënd met hierdie klein bondeltjie,” het sy geskryf. “Die Ramsay-gesin is nou beslis voltooi. Jesse James Ramsay, ons het jou baie lief!”

Baba Jessey sluit aan by Gordon en Tana se vyf ander kinders: Megan Jane Ramsay, tweeling Jack Scott Ramsay en Holly Anna Ramsay, Matilda “Tilly” Ramsay en Oscar Ramsay.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Kokerboom ·

Mooi Gordon. Op jou eie sal jy die Europese bevolkingsaanwasprobleem oplos. Wys hulle

Boon ·

Die aarde is reeds hopeloos oorbevolk. Is dit werklikwaar ‘n “prestasie”, iets om oor te spog? As ek so om my kyk, en die armoede, en die hopelose uitsig van miljoene mense sien, dan betwyfel ek die wysheid van meer kinders as om jouself te vervang.

AH ·

As iemand kan bekostig om baie Kinders te hê en te voorsien van alles wat hulle benodig en nog meer, hoekom dan nie? Dis immers nie sy skuld dat daar oorbevolking is in die wêreld nie! Die mense wat so onbeheers aanteël in haglike omstandighede is waarom daar so baie van honger en ellende omkom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.