Hospitaal se krane aan toilette gekoppel

Die Osaka University Hospital (Foto: Ourlad Tantengco. Twitter)

Hospitaalpersoneel en pasiënte van ʼn hospitaal in Japan het vir die afgelope 30 jaar sonder hul medewete toiletwater gedrink en dit gebruik om hande te was.

Dit het verlede maand aan die lig gekom dat drinkwaterpype van die Osaka-universiteitshospitaal in Suita, Japan, verkeerdelik aan die toilet gekoppel is. Die hospitaal is deel van die Osaka Universiteit se mediese fakulteit.

Daily Mail berig dié skokkende fout is ontdek toe die hospitaalbestuur verlede maand die gebou geïnspekteer het, voordat hulle met die bou van ’n nuwe watersuiweringsaanleg sou begin.

Met verdere ondersoek is bevind dat ongeveer 120 krane verkeerdelik aan die toilet gekoppel is. Daar is ook bevind dat dié probleem al 30 jaar gelede ontstaan het – net ná die hospitaal in 1993 geopen is.

Hindustan Times berig die universiteit ondersoek die saak en het die watergehalte nagegaan. Geen gesondheidsgevaar is bevestig nie.

Luidens verslae het die hospitaal die kleur, reuk en smaak van water ten minste een keer per week nagegaan en geen probleme is sedert 2014 aangemeld nie.

Osaka Universiteit en die hospitaal se vise-president, Kazuhiko Nakatani, het tydens ʼn mediakonferensie om verskoning gevra vir die fout. Hulle het die publiek verseker dat hulle voortaan gereeld die aansluiting van hul waterpype sal nagaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Johanncb ·

In Suid-Afrika sal hulle nie eens agterkom die water is nie gekoppel nie, Bertie!

Shakespeare ·

Wêreldwye moord, diefstal, verkragting, boosheid, korrupsie, kriminaliteit, anargie, wetteloosheid is algemeen. Ergste ooit. Kom Jesus, kom.

JohanR ·

Gebeur dit nie hier in SA by sommige plekke al vir baie jare?

Pablo ·

Hoe gebeur so iets in Japan? Dit moet seker lees Suid Afrikaaa

Hennie ·

Sekerlik is dit aan die skoonwater kant van die toevoer. My huis en toilet is ook aan dieselfde toevoer gekoppel, aan die inlaatkant!

Hennie ·

Dit maak glad nie sin nie! Kraan water wetk met hoe druk, riool werk met baie laer druk, meestal swaartekrag en drukpompe wat die riool wegvoer…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.