Só sê Ban Ki-moon, sekretaris-generaal van die VN tydens ’n kongres oor bewaring in Parys, Frankryk. Die omvang van kulturele plundering hou ’n veiligheidsgevaar in. Onder meer verkry die IS ‘n groot deel van sy inkomste uit die verkwanseling van argeologiese skatte. Die ekstremistiese IS beheer groot dele van Irak en Sirië, en maak hulle aan die grusaamste dade van terreur skuldig.
Die volledige artikel in Popular Archaeology kan hier gelees word.