Klagte teen ChatGPT oor ‘onregstelbare foute’

(Foto: Nikolas Kokovlis/NurPhoto/AFP)

ʼn Drukgroep vir privaatheidsregte in Wene gaan klagte teen ChatGPT in Oostenryk indien omdat die kunsmatige intelligensie-program “hallusineer” en verkeerde antwoorde versin – wat skepper OpenAI boonop nie kan regstel nie.

NOYB – wat staan vir None of Your Business – voer aan daar is geen waarborg dat die program akkurate inligting verskaf nie. “ChatGPT hou aan hallusineer en nie eens OpenAI kan dit stopsit nie,” sê die organisasie in ʼn verklaring.

Die maatskappy het al in die verlede toegegee hy kan nie verkeerde inligting regstel wat die program, wat van kunsmatige intelligensie (KI) gebruik maak, produseer nie. OpenAI kan ook nie verduidelik waar dié verkeerde data vandaan kom nie, of watter inligting ChatGPT van mense stoor nie, sê die groep.

Sulke foute is egter onaanvaarbaar wat betref inligting oor individue, omdat wetgewing van die Europese Unie (EU) bepaal dat persoonlike data akkuraat moet wees, voer NYOB aan.

“As ʼn stelsel nie akkurate en deursigtige uitslae kan gee nie, kan dit nie gebruik word om data oor individue te skep nie,” sê Maartje de Graaf, databeskermingsprokureur by NYOB.

“Die tegnologie moet die wetlike vereistes volg, nie andersom nie.”

ChatGPT het “herhaaldelik verkeerde inligting” oor die geboortedatum van NOYB-stigter Max Schrems verskaf, “pleks daarvan om aan gebruikers te sê dat hy nie oor die nodige data beskik nie”, voer die groep aan.

OpenAI het ook Schrems se versoek om die data te wysig of te verwyder van die hand gewys – selfs al is dit verkeerd – en aangevoer dit is onmoontlik om te doen, sê NOYB.

Die drukgroep, uitgesproke kritici van tegnoreuse sedert dit in 2018 op die been gebring is, sê hy vra Oostenryk se databeskermingsowerheid om OpenAI te ondersoek en te beboet om sy optrede met EU-wetgewing te laat strook.

ChatGPT is in November 2022 bekend gestel en het blitsig vir ʼn beroering onder gebruikers gesorg wat erg opgetrek was met die KI-program se vermoë om dissertasies af te rammel, gedigte te skryf en vertalings binne enkele sekondes te doen.

Kritiek op die tegnologie het egter in sommige lande reeds regstappe tot gevolg gehad.

Italië het die program in Maart verlede jaar tydelik verbied, terwyl Frankryk se regulatoriese owerheid met ʼn ondersoek begin het ná ʼn vlaag klagtes.

ʼn Europese werkgroep is ook op die been gebring om samewerking te verbeter. NOYB bly egter

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Dieter ·

AI net n databases van alle inligting, goed of sleg, accurate of nie akkuraat is op die Internet.
Gemors in. Gemors uit.
Jy kan netsowel Google loer.

Pieter ·

Nee Dieter die weergawe van KI is so ‘n bietjie meet kompleks as dit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.