Kompensasie vir slawerny geëis

Karibiese eilande 2Waarnemers meen Engeland, Frankryk en Nederland sal “beslis” in April hul skuldaanmanings kry nadat die lidlande van die Caribbean Community (Caricom) ‘n tienpuntplan goedgekeur het om kompensasie te eis vir jarelange slawerny.

Die dokumentasie meld egter nie watter lande vir die betaal van kompensasie uitgesonder gaan word nie.

Nederland het eers in 1863 van slawerny afgesien, 30 jaar na dit deur Engeland verbied is. Die koloniale lande word ook aanspreeklik gehou vir die behandeling wat vrygestelde slawe te beurt geval het, volksmoord en apartheid. Die lande eis ‘n verskoning, asook kompensasie soos repatriasie na Afrika, die befondsing van kulturele instellings, hulp met die aflos van staatskuld en die opsegging van internasionale skuld.

Bron: Trouw

Herman Toerien

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer van Bloemfontein. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Wêreldnuus

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Een kommentaar

Hans Onrust ·

de wonderlijke wereld van Kunta Kinte over wiens boek de originele schrijver zelfs ook naar een amerikaanse hof moest omdat de strekking van het verhaal een eigen leven ging leiden deed al vermoedens rijzen. Dergelijke geschiedvervalsing dient meestal een vooraf gekozen doel in een volgende verrijking van een paar corrupte stromannen.

Dit ontembare verlangen om tekortkomingen van individuen en groepen of hele rassen te laten compenseren met wat de hardwerkende middenklasse in generaties opbouwde door wel verantwoord en zorgzaam te leven. vindt telkens weer benodigde kanalen.

De fabricage van eenzijdige egoïstische historische benadering is een belangrijke graag geloofde gebakken lucht in het nuwe SA en z’n opgepompte voormannen die zoals dagelijks te volgen uiteindelijk een heel welvarend en hoogontwikkeld land ruïneert. In Haïti,Jamaica, Antillen is het niet anders. Wat een roversnesten en onmogelijke gedachtekronkels.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.