Man steek glo 2 met swaard in Kanada dood

Die nooddienste voor die parlementsgebou in Quebec, Kanada. (Foto: ICI Québec/Twitter)

’n Man is Sondag in die vroeë oggendure in hegtenis geneem nadat hy Saterdagaand minstens twee mense met ’n skerp voorwerp naby die parlementsgebou in Quebec, Kanada, doodgesteek het.

Vyf ander is in die aanval gewond.

Die aanval het kort voor 22:30 plaasgevind. Die aanvaller, vermoedelik in sy 20’s, was glo geklee in Middeleeuse klere en gewapen met ’n swaard ten tyde van die aanval.

’n Verdagte is kort voor 01:00 in hegtenis geneem waarna hy na ’n hospitaal geneem is. Die vyf gewondes is reeds ná die aanval na ’n hospitaal geneem vir mediese behandeling.

Die motief vir die aanval is nie in dié stadium duidelik nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Cherokee ·

Jimmel.. probeer die res van die wêreld nou om Suid Afrika te na-aap? Dit lyk omtrent so!

Cecilia ·

Die res vd wereld is n vulletjie teenoor wat elke minuut in SA gebeur.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.