Meisie byt slang terug

Die meisie in die hospitaal (Foto: Newsflash via Mirror)

ʼn Tweejarige meisie van Kantar in Turkye is op 10 Augustus deur ʼn slang, van sowat 50 cm lank, aangeval. Die reptiel het die meisie se lip gebyt, maar die dapper peuter het besluit om terug te byt.

Volgens mediaberigte het die voorval in die gesin se erf plaasgevind. Sy het met die slang gespeel toe dit haar skielik aangeval het. Die meisie het uitgeroep en die slang teruggebyt.

Mehmet Ercan, die meisie se pa, was by die werk toe die voorval gebeur het. Sy bure het hom in kennis gestel. “Ons bure het gesê die slang was in haar hand. Sy het daarmee gespeel en toe het die slang haar gebyt. Sy het uit reaksie die slang teruggebyt.”

Die gesin het na buite gehardloop waar die slang nog lewend in die meisie se mond gehang het.

Volgens nuusberigte het die slang later dieselfde dag gevrek.

Die meisie is na ʼn kinderhospitaal geneem vir behandeling, maar het slegs geringe beserings opgedoen. Sy is vir 24 uur onder waarneming geplaas.

Dit is nie bekend watter tipe slang haar aangeval het nie.

Bron: Mirror, The Sun, Express, Shiksha News

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Harley Davidson ·

Vir al die mense wat altyd slange wil vang en op ander plekke gaan vrylaat laat hierdie meisie vir julle ‘n voorbeeld wees.

Dandeleen ·

Hahaha, klink vir my ook so. Ek sal slange vang as my kind met een moet speel.

Lillian ·

Sjoe! Die slang vrek van ‘n mens se byt, dis ‘n eerste

Nettie ·

Watte pragtige meisietjie. Goed gedoen, jong!
Haar man gaan eendag sy storie moet ken! ;-)

Diana ·

Nou toe nou, so klein meisie en sy skrik nie vir slang se kind nie.

Luna ·

Van nou af gaan slang-mammas hulle slang-kinders waarsku teen klein kindertjies. “Moet nie met hulle speel nie, as hulle jou byt gaan jy dood gaan”….

Vonkprop ·

Soos ek kleintjies ken sou dit nie net ‘n byt gewees het nie maar ‘n soliede hap, want hulle kan nogal seer byt so sy het tien teen een deur die slang se vel gegaan.

Niklaas ·

Dink net watse rabbedoe gaan hierdie meisie wees oor 15 jaar. Sal geen snert vat nie.

Maritza ·

Weet nou nie juis of die slang haar “aangeval” het nie. Klink meer of hy bedreig gevoel het en gebyt om homself te beskerm. Nie te min, oulike storie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.