Mick Jagger weer pa op 73

Mick Jagger (Foto: Reuters/BBC)

Mick Jagger (Foto: Reuters/BBC)

The Rolling Stones-sanger Mick Jagger het Donderdag in die ouderdom van 73 vir die agtste keer pa geword.

Die sanger se vrou, die Amerikaanse ballerina Melanie Hamrick (29), het die lewe aan ʼn gesonde babaseun geskenk.

Jagger se woordvoerder, Bernard Doherty, het in ʼn verklaring gesê die egpaar is “verheug” oor die koms van hul pienkvoet, en vra dat die media in dié tyd hul privaatheid respekteer.

Die rocker en Hamrick is al sedert 2014 ʼn paartjie nadat L’Wren Scott, sy 13 jaar lange vriendin, selfmoord gepleeg het.

Die sanger se sewe kinders, onderskeidelik uit sy verhoudings met Marsha Hunt, Bianca Jagger, Jerry Hall en Luciana Gimenez Morad, is almal tussen 17 en 45 jaar oud. Hy het in 2014 ook oupagrootjie geword.

The Rolling Stones het onlangs ʼn nuwe album, Blue & Lonesome, vrygestel.

Bron: BBC

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Johann ·

En die eerste waarna ‘n trotse pa soek, is of hy trekke van hom in die baba kan gewaar.

Nel ·

:))))))) Ja -nee die kind sou beslis verdwaal het tussen al die kronkels en dongas.

Johann ·

Nel, ma se oë, pa se mond. en dan word daar gekyk na die voete, hande, dat als in plek is. Perfek. En elke keer is dit ‘n nuwe ervaring en gevoel wat niemand van jou kan wegvat nie. Die kind verstaan dit eers die dag as hy/sy in pa/ma se skoene staan.

Yvonne ·

Ag geneeee, dis nou pure origheid!!
En so ‘n jong koekie, nee man Mick soek iemand jou portuur rerig

Jakes ·

Net ‘n ma weet wie is die pa van haar kinders. Mick duidelik ‘n man wat kan!

Joe ·

Sjooee … goeie genade …. dit is nou bloot “hups” & op daardie ouderdom !! Hoop nie die kleinding gaan soos hy lyk nie …. !!

Jan ·

Op daai ouderdom stap jy seker weg? Daar is maar min mense wat Mick dit kan nadoen. Noag was een waarby niemand kan kersvas hou nie.

Annelize ·

Die woord “Gold digger” kom by my op, want die vet weet, daar is nie genoeg geld in die wereld om my in dieselfde bed te kry as daardie ou sening nie! Eeeeeuuuuuk!!!

Sad ·

Dis ‘n wonderlike geskenk en verseker die keuse van die twee ouers, maar dink asb tog daaraan – hoe lank gaan die kind sy pa by hom kan he onder normale omstandighede? As pappa 80 is gaan die kleinding eers skooltoe. Is dit regverdig? Ag die ‘privaatheid respekteer’ storie raak nou afgesaag, hulle wil alle nuus aan die wereld uitblaker en geniet al die aandag en dan skielik ‘moet hulle privaatheid respekteer word’ asof hulle konings is. Bly dan weg uit die media uit.

Cherokee ·

Hulle glimlag breeed op die fotos. Miskien is hul buurman net so vriendelik.

Chris ·

Aitsa, vat vyf oom Mick. Daar is dan hoop vir my ook. Ek is nog nie daai ouderdom nie, maar hy is beslis nie ‘n koggelrammetjie nie.

Voorlaaier ·

Lekke lekke Mick!!!……Jou yster……..
Salueer hom kerels!…Hier is i groot man!

JvS ·

“Aan ‘n gesonder babaSEUN die lewe geskenk” Hul is “verheug oor die koms van die nuwe pienkvoet” ????

Mariné Lourens ·

Dagsê JvS

Dankie vir jou navraag. Mick Jagger het inderdaad ‘n babaseun ryker geword. Let asseblief daarop dat daar na alle babas as pienkvoete verwys word ongeag die geslag van die baba.

Groetnis
Mariné
nms Maroela Media

Jan ·

Dit mag dalk “in the dark” gewees het, maar dit was in die kol.

Ancara ·

Die ma of nanny maak vir babatjie groot nie sommer enige man nie.So as Mick nog kinders kan verwek dan sal hy hoekom nie.Maar baie geluk jou ou doring!!!

Sarie ·

Bespeur ek ‘n tikkie jaloesie in sommige kommentare? Bloupilletjie of hoè ookal; daar sal tenminste geld wees om die kind behoorlik groot te maak… Daar word daagliks miljoene babas gebore wat deur onverantwoordelike jonger mense verwek is, waarop ‘n baie donker & onsekere toekoms wag. Èk het ‘n groter probleem daarmee, as met Mick se baba…

E.K. - wil ook maar net noem... ·

Net so Sarie – minstens is hy bly en verseker gaan die kleindign versorg word. as mens rondkyk in SA hoe mans hul gesinne net weggooi, hoe party kinders verwek en totaal afwesig is in hul lewe dan sê ek net mooi so ou Mick, as jy kan en jy het die geld om di ekindjie te versorg, hoekom nie!

Theresa B ·

Ek stem saam Yvonne. Duidelik werk iets meer as sy brein…………………………….

Theresa ·

Gelukkig is die beroemde! Pragtige vroutjie en nou ‘n seun om sy naam verder te vat. Hoop die kind gaan net so beroemd en suksesvol word soos sy pa.
Moenie vergeet ons het ons eie ou pappa in Suid-Afrika gehad nie! Hartsjirurg van format gewees. Daar is eenvoudig dié wat net nie moed opgee nie en aanhou skep! Stem saam soos iewers hierbo genome: Sulke besige/beroemde pa’s is in elk geval nie heeldag in die kind se geselskap nie. Oppassers en puik skole doen maar die ding. Dan die heerlike uitgerekte duur vakansies saam met gesin en voila! hul is tog gelukkig op hul eie manier.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.