NS man tien keer op een dag ingeënt

Foto bloot ter illustrasie. (Argieffoto: Unsplash)

Die Nieu-Seelandse gesondheidsowerhede ondersoek nou bewerings dat ʼn man soveel as tien keer op een dag teen Covid-19 ingeënt is. Die man het glo die dosisse namens ander mense ontvang en het betaling daarvoor gekry.

Astrid Koornneef, groepbestuurder van die Covid-19-entstof- en immuniseringsprogram van dié land se departement van gesondheid, het gesê die departement beskou die saak in ’n baie ernstige lig.

“Ons is baie bekommerd oor hierdie situasie en werk saam met die toepaslike agentskappe.

“Indien jy van iemand weet wat meer entstofdosisse ontvang het as wat aanbeveel word, moet hulle so gou as moontlik kliniese advies inwin,” het Koornneef onlangs gesê.

Stuff berig die man het na bewering verskeie inentingsentrums besoek. Die departement wou egter nie bevestig waar die voorval plaasgevind het nie.

Nikki Turner, ’n professor aan die Universiteit van Auckland en mediese direkteur van die immuniseringsadviessentrum, het aan Stuff gesê daar is tans geen data oor die veiligheid van die toedien van soveel entstofdosisse op een dag nie.

“Die Comirnaty-entstof [Pfizer] wat in Nieu-Seeland gebruik word, is ontwerp op grond van vroeë kliniese data wat die regte hoeveelheid bepaal om ʼn goeie immuunrespons en goeie veiligheidsprofiel te bied. Ons weet wel dat ʼn hoë dosis- entstof meer newe-effekte bied,” het Turner gesê.

(Foto: Andres Larravere/AFP)

Volgens Turner word dit dus hoegenaamd nié aanbeveel nie.

“Ons het geen bewyse oor watter newe-effekte iemand met hierdie hoeveelheid entstof sal hê nie. Dit is nie ʼn veilige ding om te doen nie en dit plaas daardie persoon [se lewe] in gevaar.”

Nieu-Seelanders hoef nes Suid-Afrikaners nie noodwendig ’n afspraak vir hul inenting te maak nie en loop bloot by ’n inentingsentrum in. Nieu-Seelanders hoef egter net hul naam, geboortedatum en fisieke adres te verskaf om ingeënt te word. Geen verdere identifikasie word vereis nie.

Die Nieu-Seelandse polisie het reeds in Oktober gewaarsku dat mense moontlik ander se identiteit aanneem en Covid-19-inentings namens hulle kry.

Die gesondheidsowerhede het toe reeds gesê mediese praktisyns en personeel by inentingsentrums maak staat op mense om in goeie trou op te tree om inligting akkuraat te deel om te help met hul behandeling.

“Om ʼn ander persoon se identiteit aan te neem en mediese behandeling te ontvang is gevaarlik,” het ’n woordvoerder van die departement aan Stuff gesê. “Dit stel die persoon wat ’n inenting onder ’n veronderstelde identiteit ontvang se lewe in gevaar, sowel as dié van die persoon wie se gesondheidsrekord sal wys dat hy of sy ingeënt is terwyl dit nie waar is nie.”

Volgens dié woordvoerder sal minder mense dalk ingeënt wil word indien die departement strenger te werk gaan met die identifikasieproses voordat iemand teen Covid-19 ingeënt word.

“Mense wat nie ʼn vorm van foto-identifikasie het nie, is gewoonlik mense in kwesbare groepe – haweloses, bejaardes, jong mense en mense met gestremdhede – en ons wil nie hindernisse skep wat verhoed dat hierdie mense inentings kry nie.”

Bykomende bron: The Guardian.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Anke ·

Gelukkig ja, en ek het my covid ent ook gekry. Dis net verbasend dat so baie mense glo die spuit gaan hulle doodmaak, en die ou het sommer 10 gekry. Nou wonder ek maar net hoe gevaarlik die spuit nou eintlik is. Jy seker nie die sarkasme in my opmerking raak gelees nie.

ChrisR ·

Niemand glo dit gaan hulle dood maak……hulle stel nie belang in dit.

Kokerboom ·

Die man het seker voorsiening gemaak vir toekomstige variante want dit wil voorkom asof die pandemie hier is om te bly

Perdeby ·

Hy het seker gemaak hy kry nooit weer enige virus nie. Hy beplan om nog lank te lewe

Elinette ·

Hy het ‘n groter kans om dood te gaan a.g.v. die “oordosis” van inenting as om langer te leef omdat hy na bewering nou immuun is teen enige ander virus.

Elize ·

Nou weet ons die entstof maak nie dood nie. Wonder hoeveel geld het hy gemaak?

Elinette ·

Lievenloven, 10 x ingeënt – kry mens dan 10 x erger newe-effekte? Smaak my hy het geweet van die Omikron variant en òf gegaan vir ekstra inenting in voorbereiding hiertoe óf hy het dit gedoen om die geld te kry wat betaal word as mense hul laat inent in NZ.

RB ·

Hier ook gehoor van so storie.
Mense sal tot uiterstes gaan vir ekstra geldjie want miljoene is hoeka werkloos.
Dit gaan al meer gebeur veral as spuit afgedwing word.

FranWilder ·

Hahaha hy is nou n super magneet wat al die 5G torings deurmekaar maak.

VaalDonkie ·

Hei, daar’s mense wat vir ‘n footjie namens jou in die ry gaan staan om jou motor se lisensieskyfie te hernu.

Vicky ·

Hoekom klieniese raad dringend,maar nie mediese raad nie? Dis tog immers verskriklik gevaarlik om so baie gejab te word so kort na mekaar?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.