Pres. Joe Biden het (weer) Covid-19

Pres. Joe Biden (Foto: Filippo MONTEFORTE/AFP)

Die Amerikaanse president, Joe Biden, het vir ʼn tweede keer in tien dae positief getoets vir Covid-19 en dokters sê hy het nou ʼn terugslag-infeksie opgedoen.

Die 79-jarige president het op 21 Julie vir die eerste keer positief getoets vir die virus, en toe gesê hy ervaar matige simptome. Tussen Dinsdag en Vrydag het Biden vier keer negatief getoets vir die virus, voordat hy Saterdag weer positief getoets het, berig BBC.

Volgens die president het hy tans geen simptome nie, maar sal wel isoleer om “die veiligheid van almal om my” te verseker.

In ʼn brief deur dr. Kevin O’Conner, wat op Twitter geplaas is, verduidelik pres. Biden se dokter die situasie soos volg: “Die moontlikheid bestaan dat Covid-19-pasiënte wat met Paxlovid behandel word, ʼn terugslag-infeksie kan opdoen.

“Die president het tans geen simptome nie en voel nogal goed. Daarom gaan ons nie die behandeling hervat nie, maar sal die situasie uiteraard fyn dophou. Die president is baie bedag daarop om niemand in die Withuis of geheime diens aan te steek nie, daarom sal hy weer streng isoleer.”

Die VSA het Saterdag 10 719 nuwe Covid-19-gevalle en 19 sterftes aangeteken. Die getal nuwe gevalle Saterdag was aansienlik minder as die gemiddeld van 125 000 nuwe gevalle wat die afgelope week daagliks aangemeld is. Amerika beleef nie tans ʼn virusgolf nie en gevalle het sedert Mei begin stagneer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Harley Davidson ·

Biden moet maar aftree sodat ‘n regte president met name Trump weer die leisels kan oorneem en die VSA weer op koers kan kry.

Niklaas ·

Hierdie nuus maak my bekommerd. Vise President Mev Kamala Harris wat niemand tot dusver beïndruk het nie , is net een hartklop weg van die presidentskap af. Eers met ‘n oorwinning in die volgende verkiesing kan Donald Trump weer president raak. En ek glo en hoop dit gebeur en ook wens ek dat Biden sal oorleef tot daardie verkiesings dae.

annie ·

Hoeveel keer ‘n mens Covid kry of eerder hoeveek keer kan Biden Covid opdoen voordat die CIA aan iets anders begin dink?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.