Prins Harry besoek koning nie dié keer in Londen

Prins Harry in Londen vir die 10de herdenking van die Invictus Spele. (Foto: Justin Tallis / AFP)

Prins Harry was Woensdag in Londen vir die viering van die tiende bestaansjaar van die Invictus Spele vir gewonde militêre veterane, maar sal tydens sy besoek aan Londen nie ʼn besoek by sy vervreemde pa, koning Charles III, of sy broer, prins William, aflê nie.

Net soos met Harry se vorige besoeke aan die Verenigde Koninkryk (VK) sedert hy in 2020 na die VSA verhuis het, het sy drie dag lange besoek aan die Britse hoofstad opnuut gerugte laat ontstaan oor enige versoening met sy familie.

ʼn Einde aan die koninklikes se vier jaar lange twis het moontlik gelyk toe Harry in Februarie van Kalifornië na die VK gereis het om sy pa te besoek nadat kanker by hom gediagnoseer is.

Dié keer het die paleisdeure egter nie vir hom oopgemaak nie.

ʼn Woordvoerder vir die hertog vir Sussex, soos Harry ook bekend is, het Woensdag gesê dat ʼn ontmoeting van pa en seun nie moontlik is nie vanweë die koning se besige program.

“Die hertog het uiteraard begrip vir sy pa se verpligtinge en prioriteite en hoop om hom gou weer te sien.”

Die 75-jarige koning se dagboek was die afgelope maande egter alles behalwe vol aangesien hy chemoterapie ontvang.

Dit raak glo nou weer voller omdat hy “goeie vordering” op sy behandeling toon en weer in staat is om amptelike openbare verpligtinge na te kom.

Charles is Dinsdag saam met Fidji se premier, Sitiveni Rabuka, by Buckingham-paleis afgeneem. Harry, wat in die Britse weermag in Afghanistan gedien het, was in dié stadium by ʼn vergadering oor die Invictus Spele elders in Londen teenwoordig.

Die koning het Woensdag die eerste tuinpartytjie van die jaar by die paleis bygewoon met Harry net sowat 5 km verder in die St. Paul-katedraal.

Dié merkwaardige katedraal is waar Charles en prinses Diana, Harry en William se ma, in 1981 getroud is.

ʼn Omstander het buite die katedraal aan AFP gesê dat Charles heeltemal reg is om ʼn ontmoeting met Harry te weier.

ʼn Ander persoon het egter gesê dat openbare mening oor Harry deur die media verdraai word.

“Aan die einde van die dag weet ons nie of daar enige waarheid is in die goed wat die media sê nie. Indien dit wel waar is, is dit hartseer,” het sy gesê.

‘Koninklike middelvinger’

Piers Morgan, een van Harry en sy vrou, Meghan, se grootste kritici, meen Charles het sy seun ʼn “koninklike middelvinger” gewys deur hom nie tydens sy besoek aan Londen te ontmoet nie.

Hy beskryf Harry as Charles se “verraderlike jonger seun”.

“Dit blyk duidelik uit die sogenaamde ‘dagboek-kwessie’ dat Charles homself eerder met ʼn geroeste swaard sal deurboor as om iemand te ontmoet wat soveel ellende vir baie jare oor die koninklike familie gebring het,” het Morgan in The Sun geskryf.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Elmarie ·

Maak nie saak wát, jou kind blý jou kind – hoe op aaede is jy te besig om jou kibd te sien? Ag nee regtig, ek verstaan nie sulke mense nie!

Tino ·

Charles is nie Harry se pa nie, dus verstaan ek nie lekker hoekom daar die kwessie gemaak word nie

Republikein in die Wes Kaap ·

The family and their ancestors have faced worse. Charlie’s father humiliated him from a young age. Brother Edward resigned from the Marines after three weeks and was then described by his father as a softy and relegated to the background.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.