Die oudpresident van Zimbabwe, Robert Mugabe, is Saterdag by sy landelike tuiste in dié land ter ruste gelê.
ʼn Paar honderd roubeklaers, waaronder naaste familie en vriende, het die oudleier se begrafnis in Kutama in die Zvimba-distrik van Zimbabwe bygewoon. Sy opvolger, pres. Emmerson Mnangagwa, en ander regeringsamptenare het nie die begrafnis bygewoon nie.
Maroela Media het vroeër berig Mugabe se rusplek was sedert sy dood vroeër vandeesmaand ʼn groot twispunt.
Hoewel dit Mugabe se wens was om by sy landelike tuiste ter ruste gelê te word, het die Zimbabwiese regering daarop aangedring dat hy by die heldeakker in Harare begrawe word.
Die familie wou egter nie bes gee nie en die regering het vroeër vandeesweek ingestem dat Mugabe by die landelike tuiste begrawe word.
ʼn Praalgraf word wel vir Mugabe by die heldeakker opgerig.
Mugabe het vroeg vandeesmaand in ʼn hospitaal in Singapoer gesterf. Hy was 95 jaar oud.
heldeakker??
watse held was hy, duisende het gesterf onder hom?!
Kan die sirkus nou asb end kry?
Dankie tog dis ook verby!!!
Die hele Sirkus gaan menslike verstand te bowe….het almal dan nou mal geword….held se voet
Mag daar nóóit weer iemand soos hy ‘n land regeer nie.
Gekd mors dis al!!!die land is reeds so arm
Dis verbasend dat helfte van die Westerse wereld se regerings nie weer miljoene spandeer het om al hulle presidente en afgevaardigdes te stuur om die diktator te vereer nie. Dit lyk my hulle is besig om by te kom – hanteer Afrika diktators met die minagting wat hulle verdien.
Hy was ‘n held vir al sy mede-kamerade wat Zimbabwe tot in die toestand ingeneuk het waar dit vandag is. Almal multi-miljonêrs geword uit die stroping van die land se hulpbronne. En prag plase gekry wat wit boere opgebou het en tot niet laat gaan het. Hy was hulle held
Eks bevrees die huidige Pres van Zim is erger as Bob moet hom nie mis kyk nie Hys n man n diktator wat Zim met die loop van n geweer beheer you wil and you shell Zim nou nog slegter af
Suid Afrika is volgende
A hero for some, hated by many!
Ek onthou goed 17jr gelede het ek in my motor gesit en na die radio geluister terwyl my verloofde…nou my vrou haar trourok gaan aanpas het. Hulle het oor mogabe gepraat oa het mugabe glo vir iemand gevra wanneer haan hy sterf. Die persoon se antwoord was…op n publieke vakansie dag. Die dag as jy sterf sal as n vakansie dag verklaar word
Die feit dat Mugabe as ‘n held vereer word (ook hier by ons) dui op die massiewe verskil in die waardestelsels van mense van Europese afkoms en die Afrikane. Vir die Afrikane is Mugabe ‘n held omdat hy die witmense in sy land verpletter het. Die feit dat hy in die proses Zimbabwe se ekonomie vernietig het tel nie punte nie. Die radikale swart leiers gee nie om wat die prys is nie solank hulle persoonlik rojaal kan lewe en die witmense onder die hiel gehou kan word.
Lees gister n interressante artikel. Die huidige prez soek Mugabe se liggaam om die naels, tande ens te verwyder. Dit het te doen met heksery. Daarom dat Mugabe se familie teëskop.
Dit bly verstommend hoe “Afrika Leiers en Helde” in hospitale in ander lande rondhang vir behandeling. Hoekom het hy nie na die plaaslike hospitaal, wat deur sy regering daargestel is MET die belastingbetalers se geld, VIR die belastingbetalers, gegaan vir behandeling nie? As dit goed genoeg is vir die belastingbetalers, moet dit mos goed genoeg wees vir die “belasting invorderaars en spandeerders” nie waar nie? Ek kon nog nooit verstaan hoekom politici so “verhewe” is nie……As EK jou salaris betaal om te regeer, en jy gee vir my staatshospitale en publieke skole………moet jy en jou gesin OOK daarvan gebruik maak. In Afrika kan die belastingbetalers maar net droom van die leefstyl wat die politici handhaaf, met die geld soos voorsien deur dieselfde belastingbetalers….onder dreigement van vervolging sou jy weier om te betaal!!!
Presies GS, ek kon dit nie beter gestel het nie
Held? Menseregtevergryper.
Onder hom het Rhodesia wat self voedselonderhoudend was, wat n uitvoerland was, verander na Zimbabwe, wat deur die wêreld se hulporganisasies van voedsel voorsien moes word, wat bakhand by die wêreld bedel, wat helfte van sy bevolking in SA werk. Watter voortreflike figuur en leier! n Held! Wat sy land bankrot regeer het. Dit sê baie van die intelligensie van n volk.
Dit maak seker nie saak waar ‘n mens se liggaam tot “ruste” kom nie. Uiteindelik is dit die siel se bestemming wat bepaal hoeveel “rus” die oorledene sal hê.