‘n Tuig van die Europese Ruimte-agentskap, Venus Express Orbiter, het die eerste ronde reënboog, in Engels bekend as ‘n “glory” op ‘n ander planeet as die aarde waargeneem. Dit is in Venus se atmosfeer waargeneem.
Hierdie sirkelvormige reënboë is gewoonlik heelwat kleiner as die gewone soort wat met ‘n pot goud aan die punt spog, en kan gewoonlik ook net vanuit ‘n vliegtuig of deur bergklimmers gesien word.
Weens die feit dat Venus se atmosfeer heeltemal van dié van die aarde verskil, sal die sirkelvormige reënboog in Venus se atmosfeer heeltemal anders lyk as dié van die aarde.
Meer kan hier gelees word.
Bron: Astronomy.com