SA vrou in Ierland vas oor dwelms

Argieffoto ter illustrasie (Foto: Unsplash)

’n Jong Suid-Afrikaanse vrou is Sondag in hegtenis geneem nadat sy met byna 3 kg se kristalmetamfetamien by die Dublin-lughawe in Ierland betrap is.

Volgens ʼn berig in The Irish Times is die vrou aangekeer kort nadat sy van haar vlug afgeklim het.

Doeanebeamptes het haar voorgekeer en haar bagasie deursoek waarna op die dwelms, wat ʼn geskatte straatwaarde van meer as R3,2 miljoen (€180 000) het, beslag gelê is.

“Kristalmetamfetamien is ’n relatief skaars dwelmmiddel in Ierland en word gewoonlik in tuisgemaakte laboratoriums vervaardig,” lui die berig.

Dublin Live berig dié 20-jarge vrou is op die toneel in hegtenis geneem en na die Ballymun Garda-polisiestasie geneem, waar sy tans vir ondervraging aangehou word.

Die inhegtenisneming maak deel uit van voortgesette operasies deur die doeane-owerhede om dwelmsmokkelary na die land te probeer bekamp.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Cherokee ·

Ek vind dit werklik ‘n probleem dat soveel kommintators nie die betekenis van die woord ‘ewig’ ken nie.

Die Wolf ·

In reaksie die volgende: My opinie beteken dit vir altyd(for ever)Sal nie hare kloof nie aangesien die ander kommentators dit ook so aanvaar. Het geen idee wat die woord kommintators is nie?

Cherokee ·

Kommintators is wanneer ‘n kommentaar as kommin geag word.

Sobymykoolkop ·

Tot hierdie muile by jou kinders of familie uitkom, dan sing jy saam.Ja, ewig, tot die dood.

Cherokee ·

Het mos gesê jy ken nie die betekenis van die woord nie. By ewig is daar geen ’tot’ nie. Ewig beteken eindeloos. Ewig is ‘n term waarvan die begrip bo menslike vermoë is.

Anel ·

En die ouens wat haar gestuur het kom skotvry af. Hoe dom of dan seker desperaat is mens. Geld, geld, geld. Ek sal vir ‘n feit nie eens naastenby so iets oorweeg nie.

Antoinette ·

Nou kyk hulle dan nie by OR Tambo nie. As ek ‘n vlug wil neem word alles wat ek by my het geskandeer?

Agter die skerms ·

Dom dom dom mense. Hulle gaan uitgevang word. En nou sit sy Kersfees en nog langer in ‘n oorsese tronk – dom.

Stefan ·

Hoogste straf moontlik asseblief, stuur haar somer Singapore toe met drugs en al.

Hennie J ·

Nog n dwelm muil wat uitgevang is. As jy nie wil hoor nie moet jy voel. Net jammer die handler kan nie ook vasgetrap word nie.

Sarel ·

Sal uitvinddit is nie SA waar die Regering Misdaadvriendelik is nie

Swerkater ·

Haar hele lewe verwoes vir 3kg dwelms. Wat het sy gedink?

versigtig101 ·

Ons het regtig nie hierdie in Ierland nodig nie. Baie bly dat sy gevang is, hoop dat sy die persone wat haar vanaf Suid Afrika gestuur het kan identifiseer. Dwelms is bitter min beskikbaar hier en ons wil dit graag so hou vir ons kinders

Anton J ·

Kan iemand my gou verduidelik, word die bagasie ens nie ook by die SA Doeane na gegaan nie? Indien wel hoe kan dit gemis word?

JohanR ·

Seker ‘n 30 percenter……ek het gedink dit is Huletts suiker meneer! As ek soe soek op die internet kyk lyk my jy kan van 12 maande tot 7 jaar toegesluit word.

Danny ·

Nog ‘n jongmens meul en ander lewens betrokke.. hoe tragies

Maggies ·

Ek het gelees dat die Suid Afrikaanse dametjie op ‘n vlug van Dubai af in Dublin aangekom het. My gevolgtrekking is dat óf SA se lughawe óf Dubai se lughawe laks was met hul deursoek van bagasie. Heel moontlik albei. Dit op sigself regverdig om ondersoek te word.

Phillip ·

Hulle. Weet wat gebeur. Almal weet die wette oorsee is nie die menseregte gemors hier nie en nogtans dien hulle dit. As ek te veel gesuip het en met n babalas sit is ek die eerste om te sê dis my skuld. Vat vir jou my kind en hopelik leer jy uit jou gemeng met die uitlander gemors soos die Nigeriërs. Julle mogin ore kweek want dit lyk nie of daar ore aan julle jongmense se koppe is nie. Soos een van my vriende op Fb sê hulle het in die inperking besef dat hulle kind gebreklik gebore is want sy ore sit in sy agterent. wie nie wil hoor nie moet voel.

Derek ·

So het SA maar net verval as n trotse volk sedert die ANC oorname!

Niklaas ·

Geen simpatie met dwelhandelaars EN dwelmsmouse. Het al gesien wat dit doen aan onkundige jongmense en ook diegene wat kristalmeths of Tik ken en misbruik. Dit verwoes lewens.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.