Sandput op baba se graf gebou

Foto: Ashlee Hammac

Foto: Ashlee Hammac

Ashlee Hammac van Lake City in Florida het ʼn sandput op haar babaseuntjie se graf installeer sodat sy ouer boetie meer gemaklik sou voel om die graf te besoek.

“Ek wou hê hy moet ʼn gelukkige herinnering aan sy boetie hê, en nie net sy ma wat dae lank aanhou huil het nie,” het die 24-jarige Hammac aan Today Moms gesê.

Ryan is in Oktober 2013 gebore. Hy het egter nie gehuil of asem gehaal met geboorte nie en dokters het gesê die plasenta het gebars. Dokters kon uiteindelik sy hart laat klop, maar sy brein het nie genoeg suurstof gekry nie. Hy is vyf dae later oorlede.

Hammac, ʼn enkelouer, het elke dag Ryan se graf besoek en Tucker (3) het saam gegaan as iemand anders hom nie kon oppas nie. Sy het gesien hy speel baie keer bo-op die graf en toe het sy met dié ongewone idee vorendag gekom. “Hy het ʼn sandput by die huis en is mal daaroor,” het Hammac aan Today gesê.

Sy het ʼn foto van Tucker in die sandput op Facebook-gelaai en die reaksie was oorweldigend. ʼn Ondersteuningsgroep het intussen ook die foto gedeel en meer as 50 000 mense het die foto self op Facebook gedeel en 175 000 het “like” geklik.

Robin F. Goodman, ʼn sielkundige wat spesialiseer in die rou- en smartproses, het Hammac geprys dat sy so deursigtig en eerlik is oor haar baba se afsterwe en dat sy haar seun aan die idee van lewe en dood blootstel. “Mens hoef nie weg te kruip as iets hartseer gebeur nie,” het Goodman gesê.

Klik hier om meer te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Marleine ·

Ek dink dit is sooo oulik. Maak my mamma hart seer en teer vir die mamma. Sterk wees, en ek glo Tucker sal eendag so dankbaar wees vir die gebaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.