Adv. Dirk Groenewald van Solidariteit beskryf die verloop van die Barnard-saak oor regstellende aksie en verduidelik die impak van die moontlike uitsprake deur die grondwetlike hof.
Lees meerAlles vir Woensdag 19 Maart 2014
Pa druk glo seun se kop in pot vol kookwater
ʼn Man het Woensdag in die Musina-landdroshof verskyn op aanklag van poging tot moord nadat hy glo sy seun se kop in ʼn pot vol kookwater gedruk het.
Radebe: ‘Nkandla-opgraderings was nodig’
Jeff Radebe, minister van justisie, sê alle veiligheidsmaatreëls wat deur die veiligheidsgroepering voorgestel en deur die departement van openbare werke geïmplementeer is by president Jacob Zuma se privaatwoning in Nkandla was nodige veiligheidsopgraderings.
Jansen se termyn verleng
Die Universiteit van die Vrystaat (UV) het prof. Jonathan Jansen vir ’n verdere termyn van vyf jaar as visekanselier en rektor aangestel.
Gemeenskapslede vermoor man wat glo moor
ʼn 86-jarige man is deur gemeenskapslede met klippe doodgegooi en aan die brand gesteek aangesien hulle vermoed dat hy ʼn vrou verkrag en vermoor het.
Oscar Pistorius-moordverhoor: Bloedspatsels en webwerwe; saak uitgestel
Reeva Steenkamp het haarself probeer verdedig toe die laaste skote haar getref het, het die Pretoriase hooggeregshof Woensdag gehoor.
DA wil Zuma laat vervolg oor Nkandla
Die DA sê hy gaan met stappe begin om president Jacob Zuma te laat vervolg nadat die openbare beskermer vandag haar finale verslag oor Nkandla beskikbaar gestel het.
Burry Stander-saak weer uitgestel
Die saak teen die minibustaxibestuurder wat glo Burry Stander (25) doodgery het, is Woensdag weer in die Port Shepstone-landdroshof uitgestel omdat die taxibestuurder se regverteenwoordiger siek is.
Solidariteit wil regsfonds bou vir 34 regstelaksiesake
Die vakbond Solidariteit het Woensdag aangekondig dat hy nog 34 regstellendeaksie-hofsake teen die staat en semi-staatsinstellings gaan aanpak.
Verkiesing 2014: Partye soek gelyke speelveld
Die Demokratiese Alliansie (DA) en die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het Woensdag tydens die ondertekening van die verkiesingsgedragskode vir ʼn gelyke speelveld gevra in aanloop tot die land se vyfde demokratiese verkiesing op 7 Mei.
Verkiesing 2014: VF Plus heel bo aan die stembrief
Die Vryheidsfront Plus (VF Plus) het die trekking gewen en gaan tydens vanjaar se algemene verkiesing heel bo aan die stembrief lê.
Nuuskommentaar: Sesessievlaag oor die wêreld
Terwyl die land asem ophou oor die veelbesproke Nkandla-verslag, en waarnemers gal by hul koffie inroer oor die ANC se klimaatskepping om skade te beperk – wat die diskreditering van die Openbare Beskermer insluit – staan die res van die wêreld nie stil nie.
Nkandla-verslag vrygestel
Thuli Madonsela, die Openbare Beskermer, het Woensdag om 12:40 haar finale verslag oor Nkandla beskikbaar gestel.
R250m. vir Sanral danksy e-tol
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) het Woensdag gesê hy het in die eerste drie maande vandat die e-tolstelsel in Gauteng in werking gestel is, nagenoeg R250 miljoen se tolgeld ingevorder.
Video: Een fliekkaartjie, een boom
Kaapstad hou binnekort ʼn eko-filmfees waar ʼn deel van die opbrengs vir herbebossing aangewend gaan word. ‘n Lokprent van die dokumentêr, Op Theefontein, volg onderaan die berig.
13-jarige glo eers dronk gemaak en toe verkrag
ʼn 23-jarige man van Johannesburg is in hegtenis geneem nadat hy glo Dinsdagaand ʼn 13-jarige meisie na ʼn kroeg toe geneem en haar daarna verkrag het.
Gedig: Die dag op Nuweland
As jy al ooit rugby op ‘n pawiljoen beleef het, sal jy Jeanne Goosen se “Die dag op Nuweland” kan waardeer.
Omstanders red persoon uit brandende trok
Een persoon is dood en ʼn ander kritiek beseer nadat ʼn vragmotor Dinsdagaand op die N2-snelweg in KwaZulu-Natal aan die brand geslaan het.
Numsa betoog oor werkskepping
Honderde lede van die National Union of Metalworkers of SA (Numsa) het Woensdagoggend na Zoo Lake in Johannesburg opgeruk om oor werkskepping te betoog, veral werkloosheid onder die jeug.
Sandput op baba se graf gebou
Ashlee Hammac van Lake City in Florida het ʼn sandput op haar babaseuntjie se graf installeer sodat sy ouer boetie meer gemaklik sou voel om die graf te besoek.